Beloning uitgeloof in soektog na vermiste tiener

“Ek wens ek het geweet waar jy is. Het jy geëet? Het jy ’n dak oor jou kop? Is jy veilig? Here, asseblief, gee my ’n teken waar Nikita is.”

Ordette Lottering se 14-jarige dogter, Nikita, het Maandagaand spoorloos verdwyn. ’n Beloning van R2 000 is intussen uitgeloof vir enigiemand wat inligting het wat tot Nikita se opsporing kan lei.

Dié besorgde ma het egter Vrydag ’n leidraad ontvang oor waar Nikita moontlik kan wees en is besig om dit nou op te volg.

Nikita is Maandagaand omstreeks 18:00 die laaste keer by haar ouma se huis in Springs, Gauteng, gewaar.

“Sy sou tot Donderdag by haar ouma gekuier het,” vertel Lottering.

“Haar ouma het ons verseker dat daar niks daardie dag gebeur het wat veroorsaak het dat sy sou wegloop nie.

“Ek en Nikita het nog 15:00 met mekaar grappies gemaak oor die foon.”

Sy het ’n swart denimbroek, wit hemp en rooi baadjie ten tyde van haar verdwyning aangehad.

Lottering sê Nikita het al in die verlede weggeloop van die huis, maar sy dink nie dit is hierdie keer die geval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Kan net hoop en bid dat jy lewendag gevind word meisie. Hierdie is SA die moord en verkragtig kapitaal van die wereld. ‘n 14 jarige meisie wil haarself nie op straat vind in die land nie!

Onnie ·

Klink soos n storie wat ek al male sonder tal gehoor het. Daar is dalk n ouer kêrel in die prentjie. Die meisies van vandag is al mooi groot op 14 en baie slim! Dalk die rede hoekom sy by die ouma oorgebly het en nie by haar ma nie.

Misky ·

Ons almal was jonk en het simpel dinge aangevang. Maar vandag se tye verskil en dis erger as ooit daar buite. Wonder of sommige kinders weet deur watse hel hulle hulle ouers sit. Hoop sy word vinnig gevind vir haar ouers se part.

Casper ·

Hoekom loop daar deedee so baie jong meisie van die huise af weg.Ek glo dit was beplan en indien sy wel by of saam met haar kêrel is moet hy aangekla word vir ontvoering want sy is minderjarig.Watse gemors van ‘n man sal so iets aan ouers doen.Vroeg ryp vroeg vrot.

Jdb ·

Nee genugtig man. Die kind is weg en jy praat so sonder dat jy die mense ken. Skaam jou.

Anton ·

Arme ma en dogter as sy regtig ontvoer is. Dit breek n mens se hart. Ek bid dat sy gou gevind word

Kakamiet ·

Liewe ouers! Julle duime is nie hard genoeg afgedruk en die boutjies biekie baie sag! Tig jou kinders as jul hul lief het en hou by die reels! Tegnologie skeer ons van mekaar af weg. Sit neer daai foon, los die laptop en daar sal onmiddelik tyd vir mekaar wees! Moeite moet gedoen word. Die lelike waarheid moed vir hulle gewys word want hulle besef nie wat daar buite aangaan nie. Maak gebruik van die internet om lesse te leer dat hule kan sien met hul eie oe wat gebeur daar buite! Hou op tegnologie gebruik om kinders uit jou pad te hou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.