Beloning uitgeloof ná baba se ontvoering

Ronewa Matshinyatsimbi net voor sy ontvoer is Foto: Missing Children

Ronewa Matshinyatsimbi net voor sy ontvoer is Foto: Missing Children

ʼn Beloning van R50 000 word aangebied vir inligting nadat ʼn baba van die Dunnottar-weermagbasis naby Nigel in Gauteng ontvoer is.

“Die babadogtertjie was 18 maande oud toe sy op 31 Desember 2013 ontvoer is,” het lt.kol. Khensani Magoai, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

ʼn Vrou, wat onder valse voorwendsels aansoek gedoen het vir die pos as huishulp, het die kind uit haar ma se huis ontvoer. “Die ma se kêrel het die volgende dag ontdek sy het saam met die onbekende vrou verdwyn.”

Pretoria News het in Januarie berig Ronewa Matshinyatsimbi se ma is ontplooi na Soedan tydens die ontvoering en haar diensplig is kortgeknip nadat haar dogter verdwyn het.
Ronewa Matshinyatsimbi missing children

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris Pretorius ·

Belonings behoort ook uitgeloof te word vir elke moord op boere.

regtig ·

Hoekom nou eers n berig of nou eers haar foto versprei? Goeiste, dis mos iets wat dadelik na n ontvoering moet gebeur. Hoop regtig hul kry die dogtertjie en lewendig, dat daai vrou wat haar gevat het net iemand was wat graag ook n kind wil hê en dat sy veilig en mooi na gekyk was.

Annie ·

regtig…..haar foto is alreeds in Desember 2013 versprei, hierdie is net n opvolg, dit was ook voorheen in die koerante gewees…as jy op fb is sluit aan by Minors Missing-The Pink Ladies org…hulle plaas byne onmiddelik sodra die saak aangemeld is n foto en beskrywing

Ek persoonlik twyfel of die kleintjie ooit nog leef…maar wonderwerke gebeur soms nog

regtig ·

Annie, ek het nie geweet haar foto was al versprei nie, jammer. Dit is dan n goeie ding dat dit weer onder mense se aandag gebring word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.