Beloning uitgeloof ná duur huise brand

Argieffoto

Die Fidelity Services Group het ’n beloning van R100 000 uitgeloof vir enige inligting wat tot die inhegtenisneming van ’n vermeende brandstigter in Johannesburg kan lei.

Volgens Wahl Bartmann, die hoof- uitvoerende beampte van Fidelity Services Group, is daar die afgelope 16 maande ’n aantal brande by huise in die noordelike voorstede van Johannesburg aangemeld. Dit sluit in gesogte woonbuurte soos Bryanston, Houghton, Dunkeld, Illovo en Hydepark.

Die groep het vasgestel dat die brande moontlik met ’n beweerde brandstigter verbind kan word.

“Ons sal alle leidrade opvolg om die persoon wat moontlik vir die brande verantwoordelik is, op te spoor en aan die pen te laat ry,” het Bartmann gesê.

“Ons werk in oorleg met die polisie en ander sekerheidsverskaffers in hierdie gebiede en hanteer hierdie sake as ’n hoë prioriteit.”

Enigiemand met meer inligting kan Fidelity by 083 939 0300 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Swerwer ·

Hoef sekerlik nie vêr te soek nie, sal beslis ‘ EFF/ANC kader wees

Di ·

Verseker! Selfde met die Krag substasies wat so opgeblaas word asook die plaasbrande en Historiese geboue – AL hierdie dinge word deur hierdie mense uitgevoer

JohanR ·

Famous Winnie Mandela quotes…..”with our matches and tyres.”

marius ·

16 Maande ? Sit 7 syfers op jul beloning en dan sal julle resultate kry . Daar is genoeg ex polisie manne en vroue wat die persoon of persone sal kry , met genoegsame getuienis .

Jr ·

Economic sabotage. Mark my words. Hierdie is te oenskynlik om n coincedence te weesThey did not flee to Russia and china for nothing. What is happening now is reg uit die handboek van karl marx and mao te sung. Bring n land tot op sy knie met kommunisme en jy kan die arm, honger mense maklik regeer

Casper ·

Dit kan moontlik brandstigting wees maar wat is die kanse dat dit versekeringsbedrog kan wees.Kry iemand d om die brande te stig.

Shakespeare ·

Die skuldige is Julius Malema. Julle kan somaar die R100000.00 in my rekening oorplaas.

pompies ·

Huise wat te duur is om te verkoop en die eienaars wil emigreer na die buiteland so maklik soos dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.