Beloning uitgeloof na gru-plaasmoord

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

ʼn Beloning is uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van die moordenaars van Jan de Kock (69).

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn beloning van R50 000 is deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek in Phuthaditjhaba uitgeloof.

De Kock is op 13 Julie verlede jaar op sy plaas buite Petrus Steyn in die Vrystaat vermoor. Sy vrou was in die huis se badkamer toegesluit terwyl sy liggaam in ʼn skuur gelê het. Bure van die De Kocks is na die plaas Groot Waag nadat Jan se Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie deur die polisie buite Vereeniging gekry is. Die sleutels was in die aansitter.

De Kock se vrou, Marietjie, is in ʼn badkamer in die plaashuis gevind waar die aanvallers haar toegesluit het. Hy sê De Kock se liggaam is in ʼn stoor langs sy vierwielmotorfiets aangetref. Sy hande en voete was met draad vasgebind. Sy moordenaars het hom in ʼn hurkende posisie laat sit en sy bene aan sy lyf vasgemaak. Daar is iets in sy mond gedruk en met draad toegebind.

De Kock het glo met sy vierwielmotorfiets gery om na sy vee te gaan omsien en is vermoedelik in die veld of met die terugkeer oorval.

Volgens Mophiring het die moordenaars met 10 vuurwapens, ʼn onbekende bedrag kontant en twee selfone gevlug. Mophiring het destyds gesê die polisie soek na drie verdagtes.

Enigiemand met inligting kan konst. Vusimuzi Zwane by 071 481 2428 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Eddy Carter-Smith ·

This is true I agree with the statement,the money influences the conspiracy world wide -It happened in UK in 92/3 with Mad cows dicease ,Closing of The royal postal services in rural towns-The farmers were destabilised through this process as they were over 55 already to late to build back herd stock ,crime has since escalated inthese areas -Zimbabwe was allowed to follow suit after 1994 once SA changed regime the Veterans were allowed to pillage the farmers without fear that Sa would send in the army to protect the Farmers. In the USA the agenda to break the farer is done through “AGENDA 21” detrimental economic enviromental licencing …In SA it is also NEMA Act 1998. coupled with the removal of the Commandos and restricted policing with random excites of the ue of freedom songs to inflame the criminaly minded….in South America ,the drug wars are used as a tool of fear – further north in Africa it is the constant destablelisation of the Black tribes. In Europe strong EU laws make it impossible for small farmers , so they give up there land to the institutions. Back to SA , Banks happily indebt Farmers to the hilt knowing they will use there Lawyer buddies to swing deals to there Corporate counterparts.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.