Beloning uitgeloof ná kapers wag doodskiet

Argieffoto

Petra Diamonds het Dinsdag ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir enigeen wat met meer inligting vorendag kan kom wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn groep verdagtes wat verantwoordelik is vir die kaping van en die moord op een van die maatskappy se werknemers.

Gert Klopper, kommunikasiehoof van die diamantmaatskappy, sê die voorval het Dinsdag buite die Cullinan-diamantmyn plaasgevind.

Volgens Klopper was Salang Phillimon Fohlisa en Walter Matihomala Monti, werknemers van Petra Diamonds se operasionele reaksie- afdeling vir veiligheid, besig met ʼn roetinepatrollie toe die voertuig waarin hulle patrollie gedoen het gekaap is.

Hy sê Fohlisa is na bewering deur die groep verdagtes geskiet waarna die groep met Monti steeds in die motor weggejaag het.

“Monti is eers in ʼn latere stadium vrygelaat waarna die verdagtes met die patrolliemotor gevlug het. Hy is nie in die voorval beseer nie, maar is wel erg getraumatiseerd. Monti het reeds ʼn mediese ondersoek ondergaan en het ook berading ontvang,” sê Klopper.

Hy sê die maatskappy gee tans sy volle samewerking aan die polisie en het daarom besluit om ʼn beloning uit te loof in die hoop om die skuldiges vas te trek.

“Ons wil ons hartlike meegevoel aan die familie en vriende van Salang oordra en wil hulle verseker van ons ondersteuning in dié moeilike tyd. In dieselfde asem wil ons ook ons volgehoue ondersteuning aan Walter verseker. Ons vertrou dat hy weer binnekort sy pligte sal kan hervat.”

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Makhubela sê ʼn ondersoek na die voorval duur steeds voort. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting word versoek om die misdaadnoodlyn, 08600 10111, te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

kas ·

Soos in ‘n vorige artikel het ek ook die vraag gevra oor hoekom Cullinan so erg deurloop onder geweldsmisdade.Is hierdie man werklik net vir die voertuig doodgeskiet of sit daar meer agter die voorval.Hoeveel van die misdadigers word gearresteer wat by misdaad betrokke is in die streek?

OumaLien ·

Hartlike meegevoel?? Sou innige meegevoel nie meer gepas wees nie? Vra maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.