Beloning uitgeloof na moord op Hartenbos-boer

Freddie Tolman. Foto: Facebook

Freddie Tolman. Foto: Facebook

Die polisie het ʼn beloning uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname en vervolging van Freddie Tolman (52), ʼn boer van Hartenbos, se moordenaars.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat daar ʼn beloning uitgeloof is. Hy het gesê die bedrag is egter nog nie vasgestel nie. Volgens Pojie is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die saak word ondersoek.

Eugene Tolman, Freddie se seun, het Vrydagoggend aan Maroela Media gesê sy pa se begrafnisdiens vind Maandag om 15:00 uit die Volle Evangelie-kerk in Hartenbos plaas.

Volgens Eugene het sy pa omstreeks 06:20 Woensdagoggend by die plaashuis gery om sy werkers in Mosselbaai te gaan oplaai. Tolman se aanvallers het glo ʼn stomp in die pad geplaas en op hom losgebrand toe hy nie stilgehou het nie.

Eugene het gesê sy pa het sowat 1 km verder gery voor hy naby die Brandwag/Hartenbos-pad sy bewussyn verloor het. Hy is in die bolyf geskiet. Volgens Eugene word daar vandag ʼn lykskouing gedoen om vas te stel of sy pa aan ʼn hartaanval of die koeëlwond oorlede is.

ʼn Paartjie wat van Brandwag na Hartenbos gery het, het Tolman se bakkie langs die pad gesien en stilgehou om ondersoek in te stel. Volgens Eugene het sy pa se aanvallers die paartjie se Chev Avio se ruit uitgeslaan en die voertuig gekaap.

Die polisie het vroeër bevestig die gekaapte motor is naby die Danabaai-afrit in Mosselbaai gevind. Die paartjie is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

“Bedrag is egter nog nie vasgestel nie”? Maak dit ook soos in ‘n ander geval…R250 000.

pop ·

Geen beloning gaan hom weer lewend maak nie. En buitendien trek die staat die sake vinniger as wat jy kan se mes terug. Ons is heeltemal uitgelewer aan die bose.Voel vir my die duisend jaar wat die duiwel se kettings gaan af wees het 20 jr terug begin. My innige, innige diepste simpatie met die familie!!!!

charmaine coetzee ·

Ai wanneer gaan die mense besef ons boere sit kos op. Die tafel dan word hullle op sulke wrede maniere uitgewis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.