Beloning uitgeloof ná moord op ingenieur

Chris Böhme (Foto: Verskaf)

ʼn Beloning van R50 000 is Dinsdag uitgeloof vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes wat verantwoordelik is vir die moord op ’n sagteware-ingenieur van Pretoria. Chris Böhme (43) is op 29 Oktober in sy huis in Garsfontein vermoor.

Hy het in die Ouland-veiligheidskompleks in Coley-straat in Garsfontein gewoon. Volgens inligting verskaf deur die private speurder Mike Bolhuis is Böhme dié betrokke dag omstreeks 3:15 tydens ʼn huisrooftog in die kop geskiet. Die tuinier het die volgende dag op sy lyk afgekom.

Volgens Bolhuis het die verdagtes twee staalstawe van die huis se veiligheidshek oopgebreek en die oorledene se huis binnegegaan. Tydens die inbraak is ʼn selfoon, ʼn beursie, ʼn kamera en ʼn rugsak gesteel.

Daar is vroeër verlede jaar reeds inbrake by dié veiligheidskompleks en omliggende komplekse aangemeld.

ʼn Span van Bolhuis se private speurdiens ondersoek die saak en is besig met die soektog na die verdagtes. Nog geen verdagtes is in verband met dié saak vasgetrek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Linky V ·

As ‘n mens nie eers veilig is in ‘n “veiligheidskompleks” nie, waar die hel is jy veilig in hierdie wrede land van ons??

KaterinaKat ·

Nerens. Jy kan nooit veilig wees enige plek in n oorlogsone nie. En dit is wat hierdie land geword het.

Pieter ·

N beloning moet uitgeloof word want ons S. A. P en speurders is useless

Nettie ·

Hy het in ‘n veiligheidskompleks gewoon en is geskiet ………….. en NIEMAND, geen sekuriteitswag, het ENIGE IETS GEHOOR OF GESIEN NIE??? Veel van ‘n “veiligheidskompleks”, dié Ouland Veiligheidskompleks moet ek sê ……

Hanna Hoekom ·

Dit is heelwaarskynlik n “inside job” en die hekwagte is gewoonlik kop in een mus met die misdadigers. Ons het destyds in Pretoria ook tientalle inbrake by ons sekuriteitskompleks ervaar. Eendag het die hekwag net nooit weer opgedaag vir werk nie en toe kom die inbrake ook dadelik ten einde. Heel toevallig, ne?

X SA'ner ·

Ek was die vorige eienaar en Chris het die’ eenheid by my gekoop. Daar is geen sekuriteits wagte in die kompleks, maar is al ‘n paar keer ingebreek daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.