Beloning uitgeloof ná moord op student

Asadullah Ajimudin. Foto: Facebook

Asadullah Ajimudin. Foto: Facebook

Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn beloning uitgeloof in verband met die moord op ʼn 19-jarige student vroeër vanjaar.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn beloning van R30 000 is uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van Asadullah Ajimudin se moordenaar.

Maroela Media het vroeër berig Ajimudin, ʼn tweedejaarstudent aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), is in Augustus dood nadat hy met ʼn krieketkolf aangerand is in sy studentewoonstel in Summerstrand, Port Elizabeth. Sy selfoon, skootrekenaar en beursie is gesteel.

Ajimudin was aan die slaap toe die inbreker hom met sy eie krieketkolf aangerand het. Hy het ernstige kopbeserings opgedoen. Die bebloede krieketkolf is op die toneel gevind. Ajimudin is na ʼn hospitaal gehaas waar hy in die waakeenheid behandel is. Hy is kort daarna breindood verklaar en die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, is afgeskakel.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, ao. Arthur Smouse, kontak by 084 835 2516 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.