Beloning uitgeloof na pa in kaping sterf

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn beloning uitgeloof vir inligting oor ʼn kaping in Chatsworth waartydens ʼn pa en seun gekaap en die pa doodgeskiet is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn beloning van R20 000 is uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van die verdagtes wat Shaik Hoosen (60) tydens ʼn kaping doodgeskiet het.

Volgens Zwane was Hoosen en sy seun op 4 Maart op pad werk toe, toe hulle ʼn Toyota Corolla in die pad sien staan het. Hoosen het stadiger begin ry toe twee gewapende mans uit die Corolla gespring het en Hoosen se motorvensters stukkend geslaan het. Een van die gewapende mans het Hoosen se seun uit die motor gepluk terwyl die ander gewapende man Hoosen geskiet het. Hoosen kon daarin slaag om ʼn ent te ry voordat hy dood is. Sy seun kon daarin slaag om te ontsnap.

Die gewapende mans het Hoosen se liggaam uit die motor gehaal en weggejaag. Enigiemand met inligting kan ao. Padayachie by 083 597 1786 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fkengespuis ·

KOMMUNISTIESE Azania, die enigste plek in die wereld waar daar pad tekens aangebring word om kapings aan te dui, maar NIKS word aan die saak GEDOEN nie. Volksmoord!!

JoeV ·

Die oorledene se lot was in elkgeval bepaal deur die rowers, as hy hulle dood geskiet het was hy nou in die tronk. Azaniese reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.