Beloning uitgeloof ná plaasmoord

Drs. Werner en Mariette Emslie. Foto: Via Facebook

ʼn Beloning is Woensdag uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die moordenaars van dr. Werner Emslie (55) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo.

Emslie, sy vrou, dr. Mariëtte Emslie (55), en die egpaar se dogter, Barbara (19), ʼn eerstejaar mediese student aan Tukkies in Pretoria, is Woensdagaand omstreeks 20:00 deur vier gewapende mans op die egpaar se plaas in die Afguns-omgewing aangeval. Mariëtte is ʼn algemene praktisyn op die dorp en Werner was ʼn geliefde boer en doktor in bedryfsgesondheid.

Werner is summier doodgeskiet terwyl hy buite sy huis op die stoep gesit het. Mariëtte is in haar lewer geskiet en moes met ʼn helikopter na die Muelmed-hospitaal in Pretoria gebring word. Haar toestand was teen Dinsdag stabiel. Barbara is nie tydens die aanval ernstig beseer nie.

Die verdagtes het met twee vuurwapens en die egpaar se bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate buite die plaas gekry.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die Lephalale-polisie ondersoek ʼn plaasmoordsaak. Die ondersoek duur voort.

Die Hertiage Protection Group (HPG) het Dinsdag gesê die beloning van R25 000 is deur die Emslies se familie goedgekeur. HPG het ʼn beroep op die publiek gedoen om ʼn pamflet van die beloning wyd op sosiale media te deel. Die pamflette sal ook in die omliggende gebiede per hand versprei word.

Mense met inligting wat HPG en die polisie in die ondersoek kan bystaan, word versoek om Sakkie Louwrens by 071 798 7954 of Cornelius Tumo by 083 598 9654 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Wanneer ‘n polisieman vermoor word hoes die belastingbetaler indien ‘n beloning uitgeloof word. Wanneer ‘n boer vermoor word en ‘n beloning word uitgeloof word dit betaal deur die slagoffer se familie en/of die publiek.

Veronica ·

Nog nie eenkeer gehoor dat n minister of iemand vd regering die naasbestaandes v n plaasmoord besoek het nie! Maar o wee! As n jong dief uit onnoselheid v n bewegende bakkie af spring en sy nek breek word daar sommer n huis weg gegee!! Hoe is daai vir regverdigheid!? Ek vra maar net?!

Alida ·

Daai deel sal ons blankes NOOIT verstaan nie. Vra jou agbare president. Jy sal 10/1 net n grynslag kry.

Johann Marx ·

Die lewe is nie regverdig nie……maak vrede daarmee..

quo vadis ·

Ons blankes moet nou begin aanvaar ons is n nul op n kontrak in SA.. Paddas in n kokende pot verseker. Ons kan net vlug of onsself beskerm, niemand anders gaan dit doen.

Johann Marx ·

Nou eers aanvaar? Daar was baie van ons wat dit al in 1990 geweet het, en herhaaldelik daaroor gepraat het, en gepleit het dat die proses wat voorgestel was meer deeglik deurdink word, en dat daar baie meer tyd aan die “wigte en teenwigte” spandeer moes word……..en dan was daar die klomp wat alles “nou eers begin aanvaar”. Tragies…

Andre ·

Ek glo ons moet al hierdie misdade en moorde direk aan Sky News aanstuur en BBC News sodat die Wereld kan sien wat tans in Suid Afrika aan die gang is. Geen Bystand vanag die Regering af nie.

JC ·

Regtig Andre….BBC en SkyNews? Probeer Breitbart en Townhall, asook Fox asseblief eerder! Dink jy vir een oomblik dat ons simpatie van die “nuusagentskappe” kan verwag?? Sekerlik probeer jy seker sarkasties wees, of hoe?
Wat van boikotte?, laas Vrydagaand speel die Vrystaat lustig teen ‘n span van die PRO 12 asof niks gebeur het nie. Geen boikotte of proteste om medelye met ONS MENSE en hierdie onsinnige moorde (onverklaarde burgeroorlog) te betoon nie, nee. Maar ons Afrikaners gee om vir mekaar, ne? Watter krag dink julle en (DUIDELIKE!!) boodskap sou so ‘n boikot van die wedstryd uitgestuur het? Die politici sou oor hulle self geval het om sterker maatreels in te stel vir landelike veiligheid. Watter STERK INTERNASIONALE boodskap EN SENSASIE sou dit nie uitgestuur, en veroorsaak het nie, VERAL MET DIE OOG OP DIE kamtige WB2023 bod?? Ons het hierdie geleenthede op ‘n skinkbord MAAR DOEN NIKS NIE!! Moet ons Afrikaners dan maar net alles altyd gedwee aanvaar en dit op die ken neem? (SO ASOF ONS DIT KWANSUIS SOUVERDIEN-HIERDIEWREDEMARTELAARSKAP?). Dink net vir een oomlik daaraan! Maar nee, ons speel lustig in die in die komedie mee
geblinddoek met ‘n lamfer-lap
wat selfs die son ‘n skadu gee.
Wat treur ons tog?
Viool en fluit maak nog geluid:
en lank die nag wat voorlê nog.
Al kan ons nooit volmaaktheid raak,
nog blink die oog en gloei die huid
wat heel die winter blomtyd maak.

Dus onverlee
lag ons maar mee
met elke toer
van Skoppensboer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.