Beloning uitgeloof ná polisiemoorde

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn reuse-beloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die verdagtes wat betrokke was by twee onlangse voorvalle waartydens drie polisiebeamptes doodgeskiet is.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn beloning van R400 000 is uitgeloof in verband met Sondag se voorval waar twee polisiebeamptes doodgeskiet is en nog een gewond is op die N3 naby Edenvale en verlede week se voorval waar ʼn polisiebeampte by Parkstasie in die Johannesburgse middestad doodgeskiet is. Kweza het gesê die verdagte wat tydens die skietery op die N3 gewond is en tans in die hospitaal aansterk, is vroeër op parool vrygelaat nadat hy skuldig bevind is aan gewapende roof.

Volgens Kweza is daar in die 2014/5-boekjaar reeds nege polisiebeamptes in Gauteng vermoor. Sy het gesê ʼn omvattende strategie is gefinaliseer en word tans geïmplementeer. Die strategie behels onder meer voortdurende situasiebewustheid van polisiebeamptes en opleiding en benutting van persoonlike veiligheidstoerusting.

“Die leierskap van die polisie is vasbeslote om voort te gaan met hul pogings om die stryd teen misdaad te verskerp. As kriminele dink ons gaan opgee omdat hulle op ons skiet, dan moet hulle weer dink. Ons sal binne die beperkings van die wet verseker dat ons lede se dood nie tevergeefs is nie,” het Kweza gesê.

Volgens Kweza is die grootste probleem onwettige vuurwapens. Sy het gesê daar is oor die afgelope twee maande op 456 onwettige vuurwapens beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drieks ·

Die polisie voorsien ook die misdadegers van pistole. Sommer ‘n paar honderd per jaar. Maak die polisie skoon van heel bo af en die polisie sal weer regkom.

John ·

Wat is die verskil tussen ñ polisieman en ñ boer wat vermoor is? Die dood van ñ polisieman regverdig ñ beloning vir die suksesvolle inhegtenisneming van die moordenaar maar die boer word net nog ñ statistiek.

Gina ·

Is daar al ooit gesê daar word vir boere opgestaan? Polisie manne is onopgeleide mense wat nie weet hoekom hy daar in die pos aangestel is nie. Hulle kan nie eers in nood optree nie dan word hul dood geskiet. Gaan kyk hoe lyk dit in die polisie stasies? dis skrik wekend. Geen ordentlike diens nie. Nou wil hul huil? Hoekom? Want polisie manne weet nie wat dit is om te werk nie. Eending wat Zuma gesê het, sy mense is lui- Nee Zuma hul is te sleg om te werk. Om boere uit te moor is makliker en meer geld. Die land is totaal en al besig om sy gat te sien, sonder n spieel. As dit langer so aan gaan, gaan daar nie eers meer kos weesnie en dan gaan jy n bloedbad sien. Al wat ons kan vra is dat GOD intree voordat dit te laat is….

Ghost ·

Het ook al gewonder hoekom word so groot bedrae aangebied as n polisie person dood is. Ek verstaan dit is nie lekker as iemand dood is nie, maar hoekom moet daar onderskei word tussen sekere persone. Wat van al die mense wat daagliks vermoor word. Hoekom word daar nie vir hulle ook belonings aan gebied om te moordenaars op te spoor nie. Maar ja dit seker om dat die regering ook als vir hulle self toe eein en vere voel vir die land se mense.

Betsie ·

Vir al wat ons weet is dit polisiemanne wat die polisiebeamptes geskiet en vermoor het. Die SAPD moet eers die polisiemag suiwer van al die kriminele wat aangestel is in die mag, voordat hul kan droom om misdaad te beveg. Ons polisiemanne staan almal bakhand vir “bribes”, partykeer vir so min as ‘n koeldrank. Trotse polisie met integritiet is daar maar min van oor. En verder wonder ek oor die begroting? Hoekom sal daar net twee polisiemanne per skof in ‘n Polisiestasie wees soos bv Wonderboom Polisiestasie, Pretoria wat ‘n baie groot area moet bedien?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.