Beloning uitgeloof ná Roedtan-plaasaanval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Die familie van Piet en Tilla van Zyl, die egpaar van Limpopo wat die afgelope naweek in ʼn plaasaanval in Limpopo gesterf het, het ʼn beloning uitgeloof aan enigiemand wat meer inligting oor dié voorval aan die familie of polisie kan verskaf.

Sakkie Louwrens, direkteur van die Heritage Protection Group (HPG) wat met die soektog na die verdagtes help, het aan Maroela Media bevestig die familie het R100 000 as beloning beskikbaar gestel.

Maroela Media het vroeër berig die Van Zyl-egpaar is Sondagoggend deur ʼn familielid dood op hul plaas aangetref.

ʼn Onbekende groep verdagtes het glo Saterdagaand die egpaar se slaapkamerdeur afgebreek en hulle oorrompel. Die groep het die egpaar met pistole aangehou en die huis geplunder. Die aanvallers het die egpaar doodgeskiet vermoedelik oomblikke voor hulle gevlug het. Die slagoffers se liggame is omstreeks 09:00 Sondag in die huis aangetref.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het Woensdag gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Die polisie werk onverpoos om die verdagtes vas te trek. Ons sal seker maak dat die skuldiges boet vir die moord,” het Ngoepe gesê.

Mense met meer inligting word versoek om lt.kol. Sekanka by 082 565 8505 te bel. Inligting kan ook op die misdaadnoodlyn by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pierre ·

En nog steeds geen woord van ons President of Minister nie,

Carel ·

Die beloning is goed bedoel maar pasop dat ons nie die volgende krimineel daarmee motiveer nie
Sterkte vir die familie

Mickey ·

Jy het duidelik nie Oom Piet geken nie! Dis nie een of ander shady deal wat skeef geloop het nie!! Sies man!!!

Jacques Spangenberg ·

Wyle Prop v Zyl het nie nodig gehad vir shaddy deals nie wic, jy maak afleidings en gevolgtrekkings.

Michael ·

Die probleem kan net uitgesorteer word as die oorsaak aangespreek word en dit sal n polities korrekte no no wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.