Beloning uitgeloof vir inligting oor hospitaalmoord

(Foto: Daan Stevens/Unsplash.com)

Die polisie het ʼn beloning uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en vervolging van die vier verdagtes wat ʼn man in ʼn hospitaal in die Noord-Kaap vermoor het.

Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, is ʼn beloning van R50 000 uitgeloof om Deon Mkwanazi (38) se moordenaars op te spoor en aan die pen te laat ry.

Mkwanazi is op 25 September in sy hospitaalbed in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley doodgeskiet. Daar word na vier mans gesoek in verband met die moord.

Gamieldien het gesê die vier mans het die hospitaal met persoonlike beskermende toerusting binnegekom.

Die polisie se 72 uur lange aktiveringsplan is in werking gestel en hulpbronne is gemobiliseer om die skuldiges vas te trek.

Enigiemand met inligting word versoek om brig. Nicky Mills by 082 371 6667, kapt. Basil Buys by 082 495 5405, of andersins Stop Misdaad by 08600 10111 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anel ·

En waar is die beloning vir die jong boer wat vermoor is? Vra maar net.

Casper ·

Die polisie se 72 uur Lange aktiveringsplan is inwerking gestel om die skuldiges vas te trek.Ek neem aan die man met die hoed keur die optrede goed.Hoekom word hierdie plan nie inwerking gestel met plaasmoorde nie dan sal verdagtes vinniger vasgetrk word.Nou onthou ek moorde op boere is nie ‘n prioriteitsmisdaad nie of hoe omie met die hoed.

Casper ·

Nou vra ek die mede lesers,weet julle van ‘n belonging wat uitgeloof is vir ‘n plaasmoord?

Cornelius ·

Hoe skiet jy iemand in n hospitaal dood en niemand sien of hoor dit nie?

Byekonfyt ·

Wonder of hulle temperature geneem en hande ontsmet was en hoe hulle sommerso doodluiters ‘n sluipaanval in ‘n hospitaal kon uitvoer.

Casper ·

Hoor niks evil,sien niks evil dan jy is nie in die moeilikheid nie en die oom met die hoed gaan jou nie laat pla nie.

Mariana ·

Wow beloning!!! Van wanneer af word daar belonings gegee vir moorde. Of is dit maar weer geval van wit en swart. Plaasmoorde en ander moorde teenoor blankes kry nooit soveel aandag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.