Beloning uitgeloof vir inligting oor polisiemoorde

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die Wes-Kaapse regering het ʼn beloning uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en vervolging van diegene wat betrokke is by die moorde op polisiebeamptes in die provinsie.

Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het gesê ʼn beloning van R50 000 is uitgeloof. Volgens Plato is 21 polisiebeamptes verlede jaar in die Wes-Kaap vermoor en 645 aanvalle aangemeld. Hy het gesê dit beteken die Wes-Kaap is die provinsie waar die meeste polisiebeamptes aangeval of vermoor word, terwyl hulle aan diens is.

“In die laaste drie jaar (2012/13 – 2014/15) was daar 1 285 voorvalle waar polisiebeamptes aangeval is die provinsie en 50 beamptes is vermoor. Die statistiek is afskuwelik. Die situasie is abnormaal en kan nie aanvaar word nie, gegewe inwoners se hoë agting vir die brawe mans en vroue in blou wat onvermoeid werk om ons te beskerm en dien,” het Plato gesê.

“Ek hoop die beloning is ‘n streng waarskuwing vir enigiemand wat dodelike aksie wil neem teen die brawe mans en vroue wat ons gemeenskap dien – daar is nou ʼn bykomende 50 000 redes hoekom jy nie daarmee gaan wegkom nie,” het Plato gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

En voor 1994? Hoeveel polisiemanne is toe per jaar deur misdadigers vermoor? Hoekom?

Rudi du Toit ·

Ek verstaan dat die polisie beskerm moet word maar net so moet elke landsburger dieselfde beskerming geniet. Boere word daagliks vermoor maar die regering draai gerieflikheidshalwe n dowe oor. Bly om te sien die Wes Kaapse regering probeer darem iets doen

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Hoe kan die poliesie die ladsburgers beskerm as hulle hul self nie eers kan beskerm nie ,dan, is daar mos groot probleme .Ek moet ook se daar is nog poliesie lede wat hulle werk goed doen ,maar hulle is biitter min

alida ·

Wonder ek mos ook !!! Geen beloning word uitgeloof vir ‘n plaasaanvaller nie !!!

Joa ·

Dink julle dis dalk omdat daar baie polisielede is wat betrokke is by roof en moord? Daar is seker nog mense wat “operate” onder “‘n oog vir ‘n oog ” LOL

ladybug ·

As julle die regte tipe mense vir die job het, sal dit nie gebeur nie!!! 90% net daar vir die salaris en ander byvoordele! Geen passie vir die werk nie, sit net heeldag op hul selfone min gespin oor wat rondom hulle aangaan!

jansen ·

As hul meer patrolie loop en ry so twee of drie dan sal hul meer skelms ook van

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.