Beloning uitgeloof vir Rhodespark-moordenaars

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Die polisie het ʼn beloning van tot R100 000 uitgeloof in verband met die skokvoorval in Rhodespark waartydens twee mans vermoor en ʼn vrou verkrag is.

Die beloning is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van ses verdagtes wat steeds gesoek word in verband met die voorval. Die polisie het ook ʼn beroep gedoen op drie persone om na vore te kom, aangesien daar vermoed word dat hulle die polisie kan bystaan met hul ondersoek.

Dit volg nadat ʼn groep mans twee paartjies op 17 Oktober aangeval het toe hulle in die park gestap het. Die twee mans is deur die aanvallers vasgebind en in die dam gegooi. Polisieduikers het later hul liggame uit die water gehaal. Een vrou is deur ʼn aanvaller verkrag, terwyl die ander vrou daarin kon slaag om te vlug.

Die polisie het reeds ’n tweede verdagte in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die twee persone wat in hegtenis geneem is, moet weer op 9 Desember in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

Dié drie mans kan die polisie bystaan met hul ondersoek.

Dié drie mans kan die polisie bystaan met hul ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

O die polisie kan R100 000.00 uitloof vir belonging…………………maar daar word nooit eers ‘n sent uitgeloof vir ons Boere wat daagliks grusaam vermoor word nie. Die Land is lagwekkend

Martin ·

Vra die twee wat reeds in hegtenis geneem is, wie saam met hulle was. Kan ek nou die
R100 000 .00 kry?

pop ·

Martin dis die voor hand liggende ding om te doen. martel die 2 tot hulle soos kanaries sing. O, maar ons het bietjie vergeet, dis hulle reg om stil te bly ne.

Knersus D ·

Ek stem saam ANel, maar dis omdat die Rhodespark slagoffers voorheen benadeeld was. En die plaas moored is feitlik oorwegend die huidiglik benadeelde ras is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.