Beloning uitgeloof vir SAUK-rowers

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die polisie in Gauteng het ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die verdagtes wat ʼn span van die SAUK op kamera beroof het.

“Enigiemand met inligting kan kol. Modise by 082 778 9416 of kapt. Masilela by 081 726 5896 skakel,” het kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig TV-joernaliste en ʼn kameraspan van die SAUK is Dinsdagaand beroof kort voordat hulle ʼn regstreekse uitsending moes doen vanaf die Milpark-hospitaal in Johannesburg. Die voorval is op kamera vasgevang. Klik hier om die video te sien.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Hoekom is daar nooit n beloning uit vir Plaas moorde nie????

Hierdie is maar net vir selfone.

moeggepraat ·

Ek is net dankbaar my foon en tv is nog hier vanoggend.

Takkie Takuuza ·

Beloning vir struikrowers, maar geen vir moordenaars. Net in sonnige Suid Afrika. Amper dog ek April is hier.

scalla ·

Beloning vir wat???? die skelms is mos op kamera vasgevang, Wat van belonings vir plaasmoorde, klomp morone

Carl ·

Ek stem saam met Hennie. Elke week lees ons van verskriklike aanvalle met wrede marteling en moord en daar is geen beloning (of dit word stil gehou).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.