Beloning uitgereik ná 8-jarige verdwyn

’n Beloning van R10 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die veilige terugkeer van die vermiste agtjarige Tazné van Wyk, asook die inhegtenisneming van diegene wat by haar verdwyning betrokke is.

Albert Fritz, minister van gemeenskapsveiligheid, het Donderdag Carmen van Wyk, Tazné se ma, by haar huis in Elsiesrivier besoek, nadat haar dogter byna ’n week gelede spoorloos verdwyn het in dié Kaapse voorstad.

Fritz het gedurende sy besoek gesê hy sal eersdaags ’n maatskaplike werker na Van Wyk stuur vir berading. Hy het toe ook die beloning aangebied vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die kind se terugkeer.

Die minister het ook besoek aan die plaaslike polisiestasie afgelê, waar hy vir kalmte gevra het nadat onluste Woensdag in Ravensmead uitgebreek het. Dit volg nadat verkeerde inligting oor die verdagte in Tazné se verdwyning versprei is.

Maroela Media het vroeër berig Tazné is Vrydagmiddag vir die laaste keer in Clarestraat gesien. Sy was op pad kafee toe waar sy dié middag ongeveer 14:00 ʼn ysie gaan koop het.

Die verdagte in die saak is die 54-jarige Pangkaeker Moyhdian. Hy was reeds voorheen in die tronk vir strafbare manslag en is tans uit op parool vir motordiefstal. Hy is ook op ʼn soeklys vir verdagtes by die polisie in Ladysmith in KwaZulu-Natal.

Moyhdian het tydelik by sy niggie Abigail Adams tuisgegaan, wat oorkant Tazné se ouerhuis woon. Die kafee waar Tazné die middag nog ʼn ysie gekoop het, is reg langsaan die Adams-woning.

Daar is in dié stadium geen spoor van Tazné óf Moyhdian nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

katerinadiekat ·

Hierdie bose planeet is n slagveld vir die onskuldiges. Bitter hartseer.

Sarel ·

Alweer iemand wat uit was op borg?
Die voorval was 7 Februarie. Datum by berig toonn13 Februarie. Hoekom so lank tyd?

madels ·

Kan nie glo dat die man uit is op borgtog nie. Die arme kind, as sy nog leef moet sy in n toestand wees van vrees en angs. My hart is so seer vir haar en haar ouers. Mag die polisie of publiek haar en hierdie monster vinnig vind

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.