Beloning uitgereik ná inbraak by regeringskantoor

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

Die Valke het Dinsdag ʼn beloning aangebied vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn vermeende bendelid wat in Desember kontant uit ʼn kluis in die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) gesteel het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn groep mans, vermoedelik ʼn bende, het op 26 Desember by die SSA-kantoor ingebreek en geld uit ʼn kluis gesteel. Die diefstal is eers die volgende dag ontdek.

Nie die polisie of die SSA wou sedert die inbraak die presiese bedrag wat gesteel is bekendmaak nie, maar volgens mediaberigte beloop dit glo miljoene rande.

“[Sedert die inbraak] het die Valke aansienlike vordering gemaak met die ondersoek, maar ons het steeds die publiek se hulp nodig om die rowers vas te trek,” het Mulaudzi gesê. “Uit die inligting wat tydens ons ondersoek aan die lig gekom het, is dit duidelik dat iemand die verdagte ken en ons vra hierdie persoon om na vore te kom met die nodige inligting om die ondersoek te bespoedig.”

Lt. genl. Mthandazo Ntlemeza, die nasionale hoof van die Valke, het gesê hulle hoop dat die beloning wat uitgereik word die gewenste effek sal hê. “Iemand êrens weet iets van hierdie saak en ons hoop deur hierdie veldtog sal mense besef hoe ernstig ons is om die beloning uit te betaal en seker te maak dat ons hierdie gevaarlike misdadigers vastrek,” het hy gesê.

Enige persoon met meer inligting kan kol. Tolie Vreugdengburg by 082 451 7226 of kol. Makasela Nkuna by 082 565 8506 bel. “Alle inligting sal met die strengste vertroulikheid hanteer word,” het Ntlemeza verseker.

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

EMK ·

Die Staatsveiligehidskantoor is toe nie so (staats-) veilig nie

Sollie ·

Bende? Ek sien net een ou. Inside joppie, kyk hoe glimlag hy want hy voel veilig en hy gaan ‘n vet “bonus” kry!

Rina Pretorius ·

Wat van belonings vir die uitkenning en inhegtenisneming van plaasmoordenaars wat ons voedselprodusente so uitmoor

Gerhard ·

Nou HIER vra jy ‘n belangrike vraag. Wat soek daai departementjie met R50 miljoen in kontant? En waar kom daai R50 miljoen vandaan? En wat was die plan daarmee?

Meraai ·

Nee wat, hierdie kêrel het houtgerus sy ding gedoen! Dit lyk my het geweet waar, wanneer en hoe. Beslis ‘n “inside joppie”. “Miljoene”, word gewoonlik agter tydvertraagde slotte bewaar en word nie sommer net so maklik en suutjies gehaal nie!

Johann Marx ·

Behoort die kantoor van staatsveiligheidsagentskap nie ‘n alarm stelsel te hê wat gekoppel is aan ‘n reaksiemag, wat gekoppel is aan kameras, wat gekoppel is aan sekuriteit nie? Dit vat nie tien sekondes om ‘n kluis oop te “forseer” nie…..dit vat ‘n dag en ‘n nag, en kan net gedoen word as jy ongesteurd gelaat word vir daardie tydperk….tensy die kluis “oop” was voor jy daar ingestap het? Hoekom word soveel kontant in die kantoor van staatsveiligheidsagenstkap gehou om mee te begin? Weet hulle nie van “Banke” met sluitkas-opsies (as jy dit nie wil deponeer nie) nie? Hierdie skree net een ding: “INSIDE JOB!!!!”

Winston ·

Ja jy kan op sy gesig sien hy lag soos n kat wat weet hy gaan dik eet. Miljoene. A picture tells a million words plus seventy.

Jan maak n Plan ·

nie LOL nie maar LMGA!!!!!! Nou weet die koning hoe ons elke dag voel as ons besteel word. Kry vir julle van julle eie medisyne. Ek hoop die ou lewe lekker en kom nog weg daarmee ook.

Jan maak n Plan ·

Nee nie LOL nie eerder LMGA!!!! Kry vir julle van julle eie medisyne. Nou weet julle hoe ons armes voel wat besteel word. Ek hoop die ou geniet sy geldjies.

Ouman ·

Is dit wettig om sulke hoeveelhede buitelandse valuta in jou besit te he. Klink of die spul eerder valuta smokkel as om na landsveiligheid om te sien.Ek verstaan hoekom die spul en SAPS se”crime intelligence” eenheid nie eers deur hulle eie kollegas vertrou word nie.

DPJ ·

Moet nie te veel sê nou nou kla hulle jou aan van bekend maaking van staatsveiligheid.

GES ·

Steel was nog nooit so maklik nie. En die staat is nie meer veilig nie. Nuwe laagte punte in die geskiedenis van die Nuwe Suid Afrika aangebied deur cANCer en meelopers. Trots Suid Afrikaans.

Jean ·

Heeehhhheeeee haaaahhh. Haaaaaa Bwahhhaaaa haaaa ha… Lekker lag ek nou…staatsveiligheid kantoor blyk my die onveiligste plek te wees. sulke onbevoegheid..Eischh baba what a joke..

Cobus ·

Ha ha ha daars een ou wat nie weer gaan opdaag vir werk by staatsveiligheid se kantore nie!!!

adrian ·

Hierdie is dalk n photoshop prentjie. Dis dalk n skepping , reken die geld is lankal uit die kluis gesteel, die valke na my mening jaag n spook , kyk binne menere

adrian ·

Mmmmm my kommentaar weer nie geplaas nie, my mening niks rasisties vra maar net ???????

Liewe Lulu ·

Ag nou ja Hoe weet die een dat daar geld in kluis was Seker die een wat in beheer was van die kluis het sy boetie gekry om te kom haal en ek glo hy het of die sleutels of n oop kluis voorsien . Ek kan ook doen met n miljoen Oe e e hiehahoe ou soustrein

Ansie Harms ·

Ons staatsdiens en regering is n joke. Al wat hulle goed kan doen is lieg en steel. 80% van al die belastingbetalers is blank so nou wonder ek net wie sorg vir die land. Hulle wil alles afbrand en afbreek en wie moet dit weer herbou.? As hulle staak kry hulle as hulle toytoy kry hulle alles ten koste van die land. Hulle is besig om hulle eie kele af te sny en intussen is elke liewe parlementslid blink van die vet, terwyl miljoene geen kos het om te eet nie. Daar is groter diskriminasie in die land as ooit tevore, en alles teen die blankes. Waar gaan dit alles stop, en as jy iets se is jy n rasis. Dit is lagwekkend, en so verloor hulle al die kennis van die land want almal immegreer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.