Die polisie het ʼn groot beloning uitgereik vir enige persoon met inligting wat tot die inhegtenisneming van ʼn verdagte kan lei wat vermoedelik die meesterbrein agter die moord op ʼn egpaar van Grootbrakrivier was.
Maroela Media het vroeër berig Tewie (72) en Eurika (62) Human se liggame is op 15 Junie in hul huis gevind, nadat hulle die vorige dag vermoor is. Carlo Vos, die Human-egpaar se skoonseun, het vroeër uit Florida in die VSA aan Maroela Media gesê sy skoonpa se liggaam is in die motorhuis aangetref en sy skoonma se liggaam in die egpaar se bed.
Die egpaar is vermoedelik vroegoggend oorval, aangesien Eurika nog haar slaapklere aangehad het. Tewie is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan, terwyl Eurika met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Daar is ook ʼn sterk moontlikheid dat iemand wat die egpaar geken het by hul moord betrokke was, omdat daar geen tekens van gedwonge toegang tot die huis was nie. Verskeie items is glo uit die huis gesteel.
Tamsamqa Howard Sishuba (26) is in Julie in verband met die dubbelmoord in hegtenis geneem, nadat forensiese bewyse wat op die toneel gevind is hom met die moorde verbind. Die polisie glo egter die ware meesterbrein agter die moorde is steeds op vrye voet.
Kapt. Malcom Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het nou ʼn groot beloning uitgereik vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van Lebohang Rethabile Lekoro. “Verskeie pogings om die verdagte in buurlande vas te trek, was tevergeefs en hy is steeds op vrye voet,” het Pojie gesê. “Ons sal egter nie rus voordat hy agter tralies is nie, al moet ons dag en nag werk.”
Pojie het gesê Lekoro is in sy laat 20’s of vroeë 30’s, bruin van gelaat en skraal gebou. Hy het vermoedelik kort rastalokke-styl hare en dra gewoonlik ʼn hoed. Enigiemand met meer inligting word gevra om ao. Gerald Rabie of ao. Paul Scheepers by 044 620 8309 of kapt. Johan Botma by 044 606 7822 of 082 776 1269 te skakel. Inligting kan ook by Crimestop by 08600 10111 aangemeld word.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Lees alle vorige berigte oor die Human-egpaar op Maroela Media.
hoop die gemors word gou gevang.
Die tyd gaan kom dat ons maar ons eie huis en tuinwerk sal moet doen….die meerderheid van die moorde word gepleeg en beplan deur huiswerkers en tuinwerkers.
Ek doen dit jare al self.
Weet nie hoekom is my vorige kommentaar verwyder nie. Ons sal moet ons eie huis en tydwerk moet doen. Die meeste moorde is ons huiswerkers en tuinwerkers.
U het seker die WAARHEID gepraat. So hierdie sal ook verwyder word !
Hoop ook die man word spoedig gevang en gestraf.
Wonder wat is die teken wat op hulle kepsies is. Een of ander ondergrondse groep of iets. Hoe opvallend is dit nie dat al meer jong siele begin moor.
Lyk soos keizer chiefs….
Kom ons hoop geld wat stom is maak reg wat krom is
Die hy lyk veel na n vrou.
Die kaizer chiefs is n sokkerspan (op hulle kepsies)
Losprys in ‘n ander vorm met twee voorwaardes begin al meer na die enigste geregtelike manier of metode lyk wat kriminele sal laat dink of dit die moeite werd is om so sonder gewete mense se lewens te neem. Oog vir oog en tand vir tand met die bloed van ander op jou hande sal jou lewe gemeet en geneem word.
‘n Stap in die regte rigting, eerste keer dat ek sien hulle bied ‘n beloning aan vir die moord op twee gewone blankes, gewoonlik is dit net vir polisiemanne of belangrike figure ..
Persoonlik dink ek dit is gerieflik om werksmense by jou huis te he, maar te veel was betrokke by moorde en aanvalle die laaste paar maande, dit was opmerklik gewees … sommige het selfs 7 jaar by werkgewers gewerk voordat hulle vermoor is ..
Ek verstaan egter dat bejaarde mense nie meer hulle eie huis en tuinwerk kan doen nie, maar dalk is tuindienste en huiswerkerdienste wat gesupervise word die antwoord?