Beloning van R750 000 uitgeloof ná moorde

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het ʼn beloning van R750 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die vervolging van mense wat betrokke was by drie verskillende moorde in die polisiëringsgebiede van Thohoyandou en Mphephu in dié provinsie.

Die polisie bied ʼn beloning van R250 000 per voorval aan vir inligting wat tot die skuldigbevinding van die misdadigers kan lei.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Nthangeni Jeremia Rammela (65) is op 4 Augustus 2016 in sy huis in die Phiphidi-nedersetting in Thohoyandou doodgeskiet. ʼn Onbekende aantal verdagtes het ook tydens die voorval die oorledene se vrou van kontant beroof.

Nie lank daarna nie is Ndivhudza William Nethononda (65) óók in ʼn uitbreiding van Thohoyandou doodgeskiet.

Enkele maande daarna is David Muthelo (45) op 23 Februarie 2017 in sy motor in ʼn parkeerterrein van die Nzhelele Spar Valley-winkelsentrum in Mphephu doodgeskiet.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn multidissiplinêre ondersoekspan opdrag gegee om dié onderskeie skietvoorvalle te ondersoek.

Enigiemand met inligting rakende die voorvalle word versoek om brig. James Espach by 082 576 0744 te bel óf die misdaadstopnommer 0860010111 te skakel óf dit by die naaste polisiekantoor aan te meld. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Smirre ·

Belonings om plaas moordenaars (skuldig) te vind is maar skaars (indien enigsins), of verbeel ek my?

BlinkStephaans ·

My jinne né… hoe lyk dit daar met so klompie miljoen vir plaasmoorde… of is dit nou te veel gevra?

Dom ·

Joh. Baie geld ne. Hoekom Is daar nie beloning As as wit Mense vermoor Word nie.

manie ·

Ek vra maar net. Na sewe maande nog geen vordering met moordsaak op my Vrou.Geen beloning uitgeloof. Heeltyd lee beloftes. Ons is seker nie belangrik genoeg.

Letta ·

Wil ek ook weet. Is boere of ander mense wat vermoor word dan niks werd nie!! Al wat hulle doen is om iets te ondersoek of te bespreek, en dis waar dit bly.

Drieks ·

Voel so seer vir jou Manie. Ons kry net nie oplossings nie.

Ek wonder.. ·

As ek n wilde raai moet vat vermoed hulle dalk dat dit n reeks moordenaar kan wees en probeer verdere moorde stuit. Soos ek sê dis maar net my denke..

Anoniem ·

‘n Mens kry soms die idee dat die SAPD eerder ons vyand is.

Sassie ·

Nooit word enigiets uitgeloof as WITTES doodgemaak word nie . jammer . maar ons het genoeg gehad van julle DISKRIMINASIE .. almal se lewens moet ewe belangrik wees … BAIE plaasmoorde is nogsteeds nie opgelos nie terwyl julle alweer belonings uitloof as een van ‘julle people’ gedood word.

Hanna Hoekom ·

Die antwoord is eintlik heel eenvoudig: plaasmoorde is nie deel van die bevolkingsgroep genaamd “our people” nie. Boere en hul gesinne tel nie. Feite!

Philip ·

Ja hier gaan ons weer met ons wittes se geld om stemme te kry voor die verkiesing. Daar sal nooit enige belonings aangebied word vir plaas moorde nie. Die moordenaars kry geld vd ANC om wittes uit te moor. Belaglik. Die polisie is te sleg om sake op te los dan bied hulle geld aan. Pateties.

Alida ·

Dit is nogal n vraag wat die VF+ aan CR in die parlement kan vrs. Bring dit ook onder die aandag van oorsese mense. Veral die vir wie CR so gelieg het.

Cherokee ·

Ek hou daarvan Alida, dat jy op die VF+ staatmaak om die vrae te vra.

Alida ·

Dit frustreer my as die strikvrae nie gevra word nie. Hierdie is n strikvraag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.