Beloning vir inligting ná pa se skietdood

Juandré Kidson (29). (Foto: Facebook)

ʼn Beloning van R90 000 word nou uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvolle inhegtenisneming, vervolging en skuldigbevinding van die verdagtes wat vir Juandré Kidson se dood verantwoordelik is.

Maroela Media het vroeër berig dat Kidson (29) op 7 Mei doodgeskiet is toe hy besig was om ʼn beskadigde motorband op die N4 buite Brits te ruil. Kidson het saam met sy vrou, Johanette, en hul eenjarige dogtertjie op die hoofweg gery toe hulle oor klippe gery het wat glo opsetlik in die pad geplaas is. Sy vrou is in die skouer geskiet.

Kidson se broer, Marco, sê ʼn anonieme skenker het aanvanklik R50 000 as beloning geskenk. Daarna het nog mense hul harte oopgemaak en geld geskenk met die hoop om geregtigheid vir Kidson te laat geskied.

Marco sê die afgelope Saterdagaand was veral “baie erg” aangesien dit toe presies ʼn week was sedert sy ouboet koelbloedig doodgeskiet is.

“Die dag was vol hartseer en baie emosie vir ons almal.”

Enigeen met inligting oor die voorval word versoek om sers. Hosia Sebatjane by 072 224 6805 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AmY ·

Bitter erg en hartseer.
Baie sterkte aan die familie.
Ek kan myself nie eens indink waardeur hulle gaan nie.

Marius ·

Ek hoop van harte die R 90 000 ontbloot die wreedaardige gemors.

Grassie ·

As die oorledene se pa nou ‘n “grootkop” in die EFF of hul boeties, die ANC was sou daar sekerlik ‘n groot intensiewe ondersoek plaasgevind het en was die boosdoeners reeds agter tralies. Ag maar nee wat, hy was maar net ‘n “wittetjie”

Lillian ·

beslis. Dan sou die skuldiges al dieselfde dag agter tralies gewees het.

Swerwer ·

Sterkte aan die familie en naasbestaandes, mag die gemors vinnig aangekeer word.

Lillian ·

Ek kry hierdie mense so bitterjammer … Mens is eintlik te stom om enigiets te sê want niks gaan hul smart verlig nie.

ES ·

Ons kan ons net troos dat hierdie gemors van die samelewing gewoonlik hul rieme op een of ander manier styf gaan loop. Ek hoop van harte dat hulle die moordenaars vang toesluit!

Kokerboom ·

Ooglopende diskriminasie en rasssime vanaf Polisie. Wat is verskil trussen grusame moord op Garnee meisie en die man? Ons is op ons eie!

Bernard ·

Op ‘n tolpadgedeelte? Indien wel, die
moontlikheid van ‘n reuse eis teen TRAC – die konsessiehouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.