Beloning vir inligting oor beroofde polisiestasie

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

Die Valke het ʼn beloning van R50 000 uitgeloof vir enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming kan lei van die verdagtes wat Saterdagaand op die Tsineng-polisiestasie in die Noord-Kaap toegeslaan het. Dié polisiestasie is in die omgewing van Hotazel.

Maroela Media het vroeër berig drie mans het Saterdagaand omstreeks 21:40 glo die polisiestasie binnegekom, oor ʼn toonbank gespring en die enkele polisiebeampte in die stasie met ʼn vuurwapen gedreig. Hulle het geëis dat sy alle beskikbare vuurwapens en die sleutel vir die kluis oorhandig.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes het drie R5-gewere en twee magasyne, ammunisie, twee haelgewere met ammunisie, agt 9 mm-pistole, vyf magasyne en ammunisie gebuit.

Die vrouebeampte is daarna met kabelbinders vasgebind en haar selfoon gesteel.

“Geen skote is tydens die voorval afgevuur nie en niemand is beseer nie,” het Mnisi bevestig.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan kol. Mgcineni Sityodana by 071 481 2802 of ao. Modise Bogacwi by 082 495 0819 kontak. Die polisie se Stop-Misdaadnommer kan ook by 08600 10111 geskakel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SomeOne ·

wat is r50 000, min “mense” wat iets weet sal val vir die bedrag, indien dit baie meer sou wees, sal daar versekerlik ge-reageer word, daars geld vir nonsens, gebruik dit

Blomme ·

Sjoe as die polisie stasies wat veronderstel is om ons te beskerm nou nie eens meer veilig is… Suid Afrika is nou regtig al die afgrond in.

Anton ·

Gee vir my ‘n stuk biltong dan se ek jou in watter party jy moet soek :-)

DIABLO ·

Waar is die belonings vir plaasmoord misdadigers???? Absoluut pateties!

Harley Davidson ·

Die verdagtes het nie toegeslaan op die polisie stasie nie ,dit is terroriste wat aandadig aan terreur is en moet so geïdentifiseer en behandel word.

Hennie J ·

Nou ewe skielik n beloning—-waarvoor? Seker dat sy haar selfoon kan vervang en haar pruik weer kan kam. Hoe is dit moontlik dat een konstabel,wat alleen aan diens is, alleen toegang kan he tot so n klomp wapens? Maar g’n haan sal weer kraai oor die agterlosigheid nie want die mk kaders in beheer is mos GEREGTIG op beskerming

Persheks Adri ·

Waar is hoed? Ek wil so graag sy patetiese verskoning hoor vir nóg wapens wat deur sy mense “verloor” word pffft

Jack ·

Die sekuriteitskameras was seker buite werking toe dit gebeur het. Ek dink hierdie was maar weer net n samewerking want die enigste getuie is die een wat gewerk het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.