Beloning vir inligting oor moord op beskermingshoof se seun

Die polisie het ʼn beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van Warren Rhoode se moordenaar(s).

Die 31-jarige Rhoode is die seun van genl.maj. Wally Rhoode, hoof van pres. Cyril Ramaphosa se beskermingsdiens. Warren se liggaam se vroeër vandeesmaand in Delft gevind.

Maroela Media het vroeër berig dat sy ouers hom reeds op 23 April as vermis aangemeld en eindelik 12 dae lank desperaat na hom gesoek het, voordat sy liggaam gevind is.

Warren Rhoode het verskeie steekwonde gehad en die polisie vermoed dat hy tydens ʼn kapingsvoorval vermoor is.

Volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, word Rhoode se voertuig, ʼn swart Volkswagen Polo, steeds vermis.

Enigiemand met inligting oor die moord op Rhoode kan die ondersoekbeampte, kol. Eddie Clark, by 082 469 1531 of die polisie se Stop Misdaadnommer bel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Koos 100 ·

Miskien is ek onsensitief, maar hoeveel ander slagoffers van moorde se sake word onopgespoor afgesluit, sonder enige belonings?

Wondermaarnet ·

Nee, jy is nie onsensitief nie, maar ek voel ook soos jy en daar gaan baie goed nou deur my kop wat my vies maak.

Realis Thailand ·

Ek moet se die ou se moord laat my koud Hy is een van 25 duisend wat jaarliks vermoor word
Wat is sy lewe meer werd as die tien jarige kind in Mitchelsplein

Jannie van Niekerk ·

Ek praat nie moord goed nie, maar waarom word daar slegs belonings uitgereik wanneer dit oor poltieke moorde gaan en GEEN beloning wanneer daar plaasmoorde gepleeg word nie?

Realis Thailand ·

Ons weet mos maar almal hoekom
Sy pa is a struggle veteraan en wie vry bevordering gekry het in die polisie
Dit is die nuwe sa wat julle in woon

Althes ·

My hart gaan uit na sy gesin. My innige simpatie vir hulle.
Maar hoekom wil die polisie R50 000 uitloof omdat sy pa die beskermshoof is van CR se sekuriteit detail.
Word sy moord verbind met politieke bande wat sy pa met CR het?

Skappie ·

Ja, ne. Wat van al die moordenaars wat plaasboere en ander mense vermoor.?

domheks ·

Die SAPD het baie geld om uit te deel! Net jammer dit geld vir sekeres.

Africangrey ·

Skies dat ek vra, my man en ek was in 1993 in n plaasaanval betrokke, my man is oorlede , is daar dalk al n saaknommer?

Di ·

Ja nee wanneer iemand van belang se familie geraak word, dan kan alles moontlik gedoen word om die skuldiges op te spoor. Ons normale landburgers moet maar tevrede wees met die swak diens en onwilligheid om sake te ondersoek en die skuldiges te vind. Wanneer dit sekeres se families persoonlik begin raak kan berge versit.

Linda ·

Wanneer gaan Cele my besoek en seker maak die polisie doen alles moontlik om my seun se moord
ook weens kaping te ondersoek en hulpbronne beskikbaar stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.