Die Stad Kaapstad het ʼn beloning van R5 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die verdagte(s) wat verantwoordelik is vir die beskadiging/plundering van ’n splinternuwe trein.
ʼn Southern Line-trein se venster is verlede Dinsdag in die Steenberg-omgewing in Kaapstad met klippe stukkend gegooi. Dit is in hierdie stadium nie duidelik wie hiervoor verantwoordelik is nie.
Volgens Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, beloop die herstelkoste van die trein na raming R20 000.
“Skade aan kritieke infrastruktuur is heeltemal onaanvaarbaar, selfs al word dit gepleeg deur jeugdiges wat dink dat dit ‘pret’ is om treine met klippe te gooi,” het Hill-Lewis gesê.
Hill-Lewis sê Kapenaars ly reeds finansieel onder die afwesigheid van ʼn toereikende spoordiens. Dit is omdat hulle genoop is om hul inkomste aan ander vorms van openbare vervoer moet bestee.
Hy sê boonop neem hulle ook langer om tussen werk en huis te reis.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Gaan dit nooit ophou nie?! Sóveel “siek” mense in hierdie land!!
LOL -Is daar nog treine oor????
Viva ANC kom ons brand en breek alles in ons laaste paar dae!
Nee wat.Om NOU eers wakker te skrik en trein vandalisme te wil stop,ondersoek of onder beheer bring is regtig net mostert na die maal.Die treine in die weskaap is al lankal soos die ander treine in die land verwoes.Our People maak soos hulle wil.Daar is geen keer meer aan die misoes nie.Geordin Hill-Lewis moet dalk twee keer dink voor hy weer alle armes uitnooi om in die weskaap te kom bly.Die tendens is hier en sal hier bly tot alles vernietig is.Nuwe treine,ou treine enige iets sal vernietig en gewandaliseer word.Dit is nou te laat om te wil ingryp.
Soek die skuldiges by die taxi eienaars. Hulle is die enigste mense wat daardeur kan baat vind.