Beloning vir opspoor van verdagtes wat wag moor

’n Sekerheidswag van Giyani is Sondag doodgeskiet. (Foto: Verskaf)

’n Sekerheidswag van Giyani in Limpopo is Sondag doodgeskiet pas nadat hy geld by ’n winkel in dié omgewing afgehaal het. Die polisie het ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei.

“Vier verdagtes het in ’n wit dubbelkajuit-GMW-bakkie by die Mopani Super Spar opgedaag. Na bewering het twee verdagtes glo van die bak afgespring en die wag oorval toe hy uit die winkel stap.

“Hulle het hom doodgeskiet, die geldboks gegryp en in die voertuig gevlug,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder.

Vier verdagtes het in ’n wit dubbelkajuit-GMW-bakkie gevlug en beheer oor die motor verloor. (Foto: Verskaf)

Volgens Mojapelo het die bestuurder van die GS4-sekerheidsvoertuig die verdagtes agternagesit waarna hulle die geldboks, wat danksy ’n veiligheidsmaatreël vol rooi en groen ink was, uit die motor gegooi het.

“Die verdagtes het in die suidelike rigting op die R81-pad gevlug.

“Nadat hulle beheer oor die voertuig verloor en teen ’n paal gebots het, het hulle te voet gevlug.”

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand wat inligting het of verdagtes met inkbevlekte klere opgemerk het, om genl.maj. Maggie Mathebula by 082 499 1969 of kol. Cecil Machimane by 082 451 7181 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

So die kriminele neem ‘n onskuldige man se lewe vir NIKS! Mens se lewe in hierdie land is nie ‘n duit werd nie. Ek het absoluut geen hoop vir ons land nie, sodom en gamorra

Nie Verbaas ·

R50000 belonging aangebied vir inligting. Hoekom word dit ook nie vir plaasmoorde aangebied nie?

Persheks Adri ·

Onnodige dood vir geld wat hulle nie eers kon gebruik nie! Net ‘n vraag: hoekom wil die polisie ‘n beloning van R50 000 betaal vir ‘n wag, maar nooit vir ‘n boer nie? Ek’s nie onsensitief nie, maar regtig hoed…

marius ·

Giyani en Polokwane is 150 km van mekaar . Hulle het egter in gemeen dat dit twee hoole is , maar so is die grootste gedeelte van die land ook .

Megan Swart ·

Dagsê marius
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Rian ·

Die ou wat die beloning gaan opeis, werk seker vir die polisie. Lekker selfbetaalde bonus op pad!

Sarel ·

Ek verbaas my telkens vir die swak sekuriteit van die Maatskappy. Waar was die ” Brandwsgte”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.