Beloning vir platejoggie se inhegtenisname

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Beloning van R50 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van ʼn Gautengse radioaanbieder wat sedert Sondag die polisie ontduik ná sy meisie se moord.

“Die bedrag word aangebied vir enigiemand wat inligting het wat tot die verdagte se inhegtenisname kan lei,” het ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

Volgens die polisie is die 32-jarige vrou Sondag verskeie kere met ‘n mes gesteek voordat sy in ‘n woonstel in Jabulani, Soweto toegesluit is. Die verdagte het glo die vrou se vriendin geskakel en bely hy het haar vermoor.

Die verdagte is ‘n platejoggie by Jozi FM in Soweto. Mpho Mhlongo, die stasiebestuurder van Jozi FM, het Maandag gesê hulle weet nie waar die man hom bevind nie en het ‘n beroep op hom gedoen om homself aan die polisie oor te gee. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.