Belonings uitgereik ná moord op polisiebeamptes

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie het belonings uitgereik vir enigiemand met meer inligting nadat twee polisiebeamptes aan diens vermoor is.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het gesê ʼn R150 000-beloning is uitgereik vir meer inligting oor die moord op konst. Joseph Hlongwane (36) terwyl ʼn beloning van R100 000 in verband met die moord op Johannes Mahlangu (50) uitgereik is.

Hlongwane is op 18 Julie dood toe hy na ʼn toneel van ’n sakeroof ontbied is. Mohlala het gesê van die rowers was op die winkel se dak terwyl die roof aan die gang was en Hlongwane is doodgeskiet.

Mahlangu, die hoof van die polisie se kostesentrum, is twee weke vroeër doodgeskiet by sy ouers se huis in Vlaklaagte. Mahlangu was glo in sy voertuig toe hy geskiet is en is na ʼn plaaslike kliniek gehaas. Hy is met sy aankoms by die kliniek dood verklaar.

“Sedert die twee beamptes vermoor is, is niemand nog in hegtenis geneem nie. Die polisie het daarom besluit om belonings uit te reik,” het Mohlala gesê. “Die uitreik van hierdie belonings beteken nie dat die polisie niks doen om die skuldiges vas te trek nie. Taakspanne is saamgestel uit verskillende rolspelers en ons ondersoek alle moontlikhede.”

Bel lt.kol. Gladys Mahlangu by 082 372 2131 met inligting wat tot die inhegtenisneming van Mahlangu se moordenaar kan lei, en lt. Lexin Matlou by 078 303 9919 met inligting oor die moord op Hlongwane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stephanie ·

Wens daar kon iets soorgelyk gedoen word vir ons boere wat so sterf agv plaas moorde.

Boesman ·

Bring vir CELE terug. Ten minste was daar iets gedoen toe hy aan bewind was. Ek kan nie dieselle se van die huidige treurige een nie.

Ghost ·

Stephanie stem saam. Hoekom nie n beloning aanbied vir al die moorde wat gepleeg word nie. Duidelik word net polisie beamptes se lewe van waarde geag ennie die publiek sin nie.

scalla ·

Hoe en deur wie word die belonings bedrag bepaal, 2 verskillende bedrae vir die twee, verstaan dit nie.

Johannes Meintjes ·

Eerstens moet ons onthou dat die SAPS en wat oor is van die SANW daar is om die regering en die roofdierstaat te beskerm. Dit is nou ‘n internasionale tendens. Tweedens stem ek ook vir verbeterde buurt en plaaswagte asook groot belonings (uit staatskoffers/ ons belastingeld) vir die ondersoek en bekamping van plaasmoorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.