Belonings vir Gauteng-kapings

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng het Sondag twee belonings van R50 000 elk aangebied vir inligting oor twee verskillende kapings waar kinders betrokke was.

“Een van die belonings is vir inligting wat tot die inhegtenisneming kan lei van verdagtes wat Saterdag in Reigerpark aan die Oos-Rand ʼn vierjarige seun kilometers ver buite ʼn gekaapte motor gesleep het,” het kol. Noxolo Kweza gesê. Hy het glo verstrengel geraak in die veiligheidsgordel toe sy ma hom wou uittel, en die kapers het met hom weggejaag. Die motor is later in Boksburg opgespoor. Hy was reeds dood. Klik hier om meer te lees.

Die ander voorval hou verband met Mongezi Phike (5) wat steeds vermis word nadat kapers Dinsdag in Bronkhorstspruit met hom in sy pa se motor weggejaag het. Sy pa se hande en voete was glo met draad vasgebind en sy kop met ʼn plastieksak en kleefband om die nek bedek. Hy is vir dood agtergelaat. Sy identiteitsdokument, beursie en selfoon is gesteel. Hy is later by ʼn konstruksiewerf opgespoor en sterk aan in die hospitaal. Klik hier om meer te lees.

Pres. Jacob Zuma het Sondag die publiek versoek om polisiebeamptes te help om Phike op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

drieks ·

Hierdie nuus het ons gesin van 16 tot 56 jaar laat versteen gister en kon ons net in mekaar se gesigte die pyn sien. Vir almal wat ons land al kon verlaat, wens ek was julle. Dit raak net leliker elke jaar.

Marlene ·

My hart gaan uit na die families. Daai arm kind was so ver gesleep is 8.5 km. Ek het jare terug in Boksburg gebly toe was jy nog veilig vandag kan jy nerens bly jy is altyd in gevaar. Hoekom kinders? Ons land het geen law and order meer nie absoluut niks. Die regering moet iets doen maar hulle kan nie eers hulle eie gemors fix nie wat nog van law and order.BRING DIE DOODSTRAF TERUG want dan sal die bliks@ms twee keer dink as hulle iets doen en hul word gevang.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is absoluut skokkend en ek kry die ouers van daardie kind baie jammer. Dit moes n erge ervaring vir die ma wees om te sien hoedat haar kind weggesleep word .Ek hoop uit my hart dat die barbare wie die motor gekaap het gevang word en die swaarste straf denkbaar opgele word.Hulle moet die son nie weer sien nie.

pop ·

Ek het nooit gehoor dat enigiemand so wreed vermoor word soos die afgelope 20 jr nie. Dan word dit gedurig gese dis die apartheid se skuld. Hoe is dit moontlik om nie rassisties te wees as klein kindertjies vermoor word. DIS MOORD!!!!!!!!!!Glad nie kaping nie

enna burger ·

ASB. Pres.Zuma, laat alle geweld in ons land stop .Bly vir ‘n slag op eie bodem en ruk ons mooi land reg. Wys S.A. dat jy ‘n ware leier vir alle NASIES kan wees, en basuin dit uit, LAAT DAAR VREDE WEES. Groot asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.