Belowende Dusi-ster met ʼn mes aangeval

Banetse Nkhoesa Foto: Banetse Nkhoesa, Twitter

Banetse Nkhoesa Foto: Banetse Nkhoesa, Twitter

Banetse Nkhoesa, ʼn kanovaart-kampioen, se toekoms in volgende jaar se Dusi-marathon is onseker nadat hy met ʼn mes aangeval is.

Nkhoesa is by sy huis in Shongweni aangeval en hy het ernstige beserings aan sy skouerbladbeen en omliggende spiere opgedoen. Hy is steeds in erge pyn.

Die aanval was glo lukraak.

Nkhoesa bly glo egter gefokus om geestelik sterk genoeg te bly om sy droom te bewaarheid om in 2016 die FNB Dusi Marathon saam met sy spanmaat, Sbonelo “Eric” Khwela, te wen.

“Dit was die beste dag van my lewe toe ek Eric vir die eerste keer in ʼn klub-tydwedren kon klop,” het Nkhoesa gesê. Hy is egter dieselfde dag nog, ʼn paar uur later, met ʼn mes aangeval.

Banetse Nkhoesa in die hospitaal Foto: Banetse Nkhoesa, Twitter

Banetse Nkhoesa in die hospitaal Foto: Banetse Nkhoesa, Twitter

Nkhoesa is ʼn lid van die elite atleetontwikkelingsprogram wat deur die KwaZulu-Natalse departemetn van sport en ontspanning aangebied word. ʼn Span dokters en mediese kenners het dadelik ingespring om dié belowende ster te help.

“Hulle is wonderlik!” het hy gesê. “Ek voel goed oor my herstelproses nadat ek gehoor het wat dr. Marshall te sê het.”

Volgens hom toon sy spanmaat ook baie begrip en ondersteun hom baie. “Hy vat dit baie goed, en is aan my sy. Ek voel ek is dit hom verskuldig om so gou as moontlik te herstel, omdat hy die vertroue in my geplaas het om saam met my die Dusi te onderneem. Ek gaan nie omgee nie. Ons het baie hard gewerk.”

Khwela en sy spanmaat, Andy Birkett, het die vorige Dusi K2 gewen.

Nkhoesa en Khwela het saam al ʼn verskeidenheid van wedrenne gewen.

Die FNB Dusi kanovaart-marathon vind tussen 18 en 20 Februarie 2016 plaas vanaf Camps Drift, Pietermaritzburg tot by Blue Lagoon in Durban (120 km).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.