Belowende rugbyspeler sterf ná skietvoorval

Gert Roets en sy boetie Kobus. Foto: Verskaf

Gert Roets (23), die belowende Wolwe-rugbyspeler van Kempton Park aan die Oos-Rand wat verlede Saterdagoggend tydens ʼn vermeende mislukte rooftog geskiet is, is oorlede.

Jaco Lombard, die familie se woordvoerder, het aan Maroela Media bevestig Gertjie, soos hy bekend gestaan het, is Saterdag oorlede ná ʼn operasie waartydens sy been geamputeer is.

Dokters by die Tembisa-hospitaal, waar hy behandeling ontvang het, het Gertjie se ma Yolanda Laas (59), en stiefpa Louwtjie Laas (62), Vrydagoggend ontbied sodat hulle die moeilike besluit kon neem om sy been te amputeer.

Die hoofslagaar in sy heup is tydens die mislukte rooftog afgeskiet is. Hy was verlede Saterdag nagenoeg nege uur lank in die teater in ʼn poging om die slagaar te herstel om sy been en lewe te red. Hy is sedertdien onder verdowing gehou, en was aan dialise en ʼn ventilator gekoppel.

“Dis met ʼn baie swaar hart dat ons die nuus met julle moet deel. Ons liefdevolle vriend Gertjie is by ons Hemelse Vader. Ons vra dat almal die familie ʼn tydjie sal gee uit respek,” het Lombard gesê. “Ons almal dank ons Vader vir die geleende tyd wat hy Gertjie aan ons gegee het.”

Lombard, wat ook ʼn afrigter van die Wolwe-rugbyspan is, het gesê Gert het as flank, agsteman en slot uitgeblink en het vanjaar vir die Wolwe se eerste span uitgedraf. Hy het Gert beskryf as ʼn nederige, plat-op-die-aarde man wat deur talle bewonder is. “Hy was ʼn baie harde speler en het altyd 110% vir sy span gegee as hy op die veld is.”

Maroela Media het vroeër berig die skietvoorval het Saterdag omstreeks 05:30 in Van Riebeeckpark in Kempton Park plaasgevind. Gertjie, Devan Kruger (23), ʼn vriend wat saam met hom vir die Wolwe uitdraf, en ʼn vriendin is die oggend by Kruger se huis afgelaai ná ʼn aandjie uit saam met vriende.

“Devan se huis is sowat 500 m van die treinstasie in Van Riebeeckpark. Die vriendin woon sowat 500 m anderkant die treinstasie. Gert en Devan het saam met hul vriendin na haar huis toe geloop en haar veilig daar besorg,” het Charlene Horn, ʼn familievriend, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

“Toe hulle die eerste keer verby die stasie gestap het, het hulle twee mans op stoele daar sien sit. Dit het vir hulle gelyk of die mans uniforms aangehad het en hulle het aangeneem dit was veiligheidswagte. Toe hulle terugloop na Devan se huis, het die mans nie meer daar gesit nie.”

Horn het gesê die twee jong mans was skaars 500 m van Kruger se huis af toe twee aanvallers hulle van agter af genader en bloot op hulle begin skiet het.

“Devan het in die veld in gevlug en Gert het in die pad af gehardloop. Nog twee skote is gevuur, waarvan een Gert in die heup getref het. Die koeël is reg deur hom en het sy hoofslagaar afgeskiet. Hy het geval, maar kon daarin slaag om op te staan. Hy het in die veld in gevlug waar Devan was, maar toe in ʼn groot gat geval.”

Kruger het intussen gesien hoe die aanvallers sy vriend agternasit. Die aanvallers het egter na Kruger begin soek toe hulle Roets in die gat sien val en hom vir dood agtergelaat.

“Devan het hulle uitoorlê deur in die water in die waterkanaal in te sak sodat hulle hom nie kan sien nie. Toe hy uiteindelik sien die aanvallers is weg, het hy huis toe gehardloop en hulp ontbied,” het Horn gesê.

Die polisie is ontbied en was spoedig op die toneel. Gert moes met die hulp van die plaaslike brandweer uit die gat gehaal word, waarna hy in ʼn kritieke toestand met ʼn ambulans na die Tembisa-hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

Kapt. Lesibana Molokomme, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Johann cb ·

Baie sterkte aan die familie. Ek hoop die moordenaar word spoedig opgespoor.

Drieks ·

Swak ANC regering het 70 jaar van Gertjie se lewe geneem. Bitter hartseer vir jou familie .

Gerrit ·

Dit is regtig hartseer om te hoor eers het die polisie hom gefaal toe die derde wereld se medies en toe ons wat hom nie gou genoeg in n ordentlike hospitaal kon kry nie dit is n skande

Mare ·

Ek stem saam ons moet begin om om te sien na ons mense die anc is n rasistiese regering en voel vere vir die wit mense .

Johanna Botha ·

Die skelm oneerlike diewe en moordenaars kom weg met alles en die polisie doen niks en wat hier gebeur het is net NOG n bewys van hoe dit in SA gaan ! Sterkte aan die familie !

Karien ·

Wat n skok. Ek kan nie glo sy slagaar word afgeskiet, hy maak dit tot by die hospitaal en met bloedoortapping en al die moderne tegnologie kon hul nie sy lewe red nie. So voel ons almal sleg dat n gesonde man n been moet verloor, min wetend dat dit nog erger as n been gaan uitdraai nie. Hoe gebeur dit dat hy nou sterf, kon sy organe nie cope met die bloedverlies nie of was alles te erg op sy liggaam, waar is n slim ou wat kan verduidelik. Dit maak net nie sin nie. Sjoe, ek is geskok, weet nie hoe moet sy arme ouers voel nie. So hartseer, baie sterkte aan sy ouers, broer en familie.

Johanné ·

Sit ‘n losprys op die moordenaars se koppe, dan sal hulle vinnig nuwe overalls kry, sulke shocking oranje’s

Lee ·

Ek stem saam. Die ander begin vining te praat sodra daar geld betrokke is.

Bekommerd ·

Dis baie, baie hartseer. Hoekom op jongmense skiet? Innige simpatie aan die familie en vriende. As dit wel die sekuriteitswagte was, sal hulle nie wegkom nie. Te veel kriminele wat toegang tot wapens het d.m.v. sekuriteit en polisie.

Inwoner/van Riebeeck Park ·

My innige simpatie aan Gert se naasbestaandes! Julle is in ons gedagtes & gebede in hierdie verskriklike hartseer tyd! Mag ons Hemelse Vader julle in SY liefde & genade toe vou! R.I.P Gert! Jy het met jou lewe betaal vir ‘n land & gemeenskap wat uitmekaar val!

Snoepie ·

Ag neeeeee! So n mooi jong man. My hart is regtig ongelooflik seer : (

John Samuel ·

Absoluut Tragies… Rus in Vrede jong man

Net nog n statistiek in die kriminele hool wat eens n prag-land was :-(

Penellope Jones ·

So ongelooflik tragies om te lees.
Baie sterkte aan die familie.

Liberales ·

Finger aan alle liberales wat ons land in die hande van misdadigers oorgegee het, en aan die wat misdadigers beskerm.

Helene ·

RIV Gertjie! Ek is baie geruk deur sy afsterwe! Mag geregtigheid geskiet!

Anton ·

Ai so n pragtige seun! Sterte aan die familie. Hierdie moordenaars moet gejag word want soos hienas sal hulle nog in die omgewing wees. Dink nou net as die meisie alleen huis toe geloop het. Gert het beslis haar lewe gered. Deesdae moet n mens altyd gewapen wees.

Zel ·

My hart gaan uit na die gesin en hul geliefdes. Hierdie pragtige jongmens het nog sy hele lewe vir hom gehad!! BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!!!!

Alwyna ·

Baie hartseer en nog n statistiek. Sterkte aan familie.
Wanneer n been slagaar af is, is die kans op oorlewing uiters skaars…

Lizelle ·

So baie hartseer. My hart gaan uit na hierdie gesin. Hierdie jongmens het nog sy hele lewe voor hom gehad!!! BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!

Alida ·

Wat verwag mens in n staatshospitaal. Derde wereld gemors. Sterkte vir sy familie dit is tragies.

Tokkie ·

Gaan die regering sy huis ook besoek en so n ophef van sy begrafnis maak soos tans die geval met Winnie – nee daar gaan nie eers n wenkbrou gelig word nie – maar net nog n moord in sonnige Suid Afrika

mariaan ·

Liefste Gert. Ons verstaan glad nie waarom jy deur ‘n persoon wat nie eers jou naam ken geskiet moes word nie. Die moordenaar het jou beroof van jou familie en vriende wat baie lief is vir jou, jou toekoms. Die hel sal die moordenaar se uit einde wees. Ons gebede gaan uit na jou ouers en familie.

DS ·

My hart bloei vir julle. So gebid julle seun se lewe sal gespaar word want ek weet dat die dood van kind is die SEERSTE seer ooit.Geen ouer hoef ooit daardeur te gaan nie. Bly nou naby aan die Here HY is die enigste een wat julle kan troos in die moeilikste tyd. Julle is in my gebede.

Helene Heyns ·

Ag neeee, dit is sulke hartseer nuus. My innige simpatie aan sy familie en ek bid dat ons Hemelse Vader jul styf sal vashou en vertroos.

foxi ·

So….so hartseer. Ons mag seker nie vra die hoekoms en waaroms nie. Sal ons dit ooit kan verstaan? Hoe is dit moontlik dat n jong man in die fleur van sy lewe, se lewe net so weg geneem kan word. Ek het nie woorde nie, maar voel net die bitterheid wat oor en oor in my hart en gedagtenis omgaan. Ek voel saam met julle as ouers en familie, vriende. Mag julle vrede vind. Rus sag Gert……….

Koos ·

Gert se heengaan is baie tragies. Die skietvoorval klink baie bisar. Die foto spreek van ‘n oopgesig jongman sonder pretensie. Hoewel ons staatshospitale seker meestal hopeloos is het hy ‘n baie gevaarlike wond opgedoen en was dit reeds ‘n wonder dat hy dit oorleef het. Mag sy mense vrede in hul harte kry.

Oom Kalahari ·

Die hele week het ons gebid dat hierdie jongman gered kan word deur ‘n private hospitaal en ordentluke personeel en dat hy net kan uitkom uit daardie 3de rangse hool. Wat ‘n pragtige jongman, uitblinker op sport gebied en word sy lewe hom ontneem deur ‘n land vol misdadigers. Hierdie land is deurspek van verkragters, rowers, moordenaars, diewe, korruptes ens. Gertjie, rus in vrede jongman en mag jou moordenaars ook eendag boet met hul lewens op die wreedste maniere. Hoe kan mens nie kwaad wees of haat as sulke dinge op onskuldige mense elke dag gepleeg word. Dit voel ek raak ‘n permanente uitdunnings proses met strategies beplanning. Sterkte en innige simpatie aan die familie, vriende, werks kollegas en rugby klub span maats. Mag daar ‘n erkenning by die klub wees ter ere van Gertjie Roets wat sy lewe moes inboet en sy naam uitdra na die toekoms. Wat ‘n belowende jongman en familie se harte wat uitmekaar geruk is deur hierdie daad.

nhk ·

Jou toekoms sit jy voort by die Vader. Innige simpatie aan die familie

TLC ·

Word nou wakker gryp my tablet ek gaan gou lees hoe gaan dit met Gert O neeeeeee hier kry ek tyding Trane wil nie stop my hart stukken Ek is so jammer Mamma Pappa en familie Ek is so kwaad so seer so jammer Mag GOD jul styf vashou in jul tyd van rou en mag geregtigheid seëvier al is dit dan nou nie op die aarde nie

Santie Olivier ·

Baie sterkte aan die Roets familie wat vir Gert verloor het .Ons dink aan die familie .

Koos ·

Dit kan jy weer sê die land is op n afwaartse kurwe, wat het de klerk besiel om ons so vir die wolwe te gooi.

Phil ·

Ek voel ook so Oom Kalahari. Sterkte aan die familie en vriende, ons dink aan julle in hierdie swaar tyd.

ANNEKE ·

Baie Tragies. Moeg vir die sinnelose moorde in SA. Sterkte aan Yolanda en Louwtjie.

Mieke ·

So gehoop dat hierdie jong man sou herstel en kon aangaan om n volle, gesonde lewe te lei. Maar dit was nie te wees…. So bitter hartseer. Huil saam met almal soos ek hier agter my skerm sit. Oom Kalahari ek stem saam: hoe kan mens nie met woede in jou hart loop as sulke dinge elke dag met onskuldige mense gebeur? Ons regstelsel, gesondheidstelsel ens het vir Gert gefaal.
My innige meegevoel en simpatie aan die familie, naasbestaandes en vriende. Mag God vertroosting bring in hierdie seer tyd en sy liefde om jul omvou.

Andrea ·

Ek dink baie mense voel soos oom Kalahari. My innige meegevoel aan Gert se familie en vriende. So jammer, lieflike jongman, dat jy ook die slagoffer moes word van boosheid en haat.

Aksie ·

So – wie gaan iets doen? Wie wat in daai area bly gaan seker maak die polisie of reserviste maak daai area “skoon”? Wie gaan patrollies reel om hierdie moordenaars vas te trek? Watse aksieplanne is daar? Hierdie jong man het tragies gesterf, soos ander, maar die vraag bly hoekom vat ons nooit aksie nie?? As ek in daai area gebly het sou ek seker maak daars ‘n strategie in plek om skoon te maak. Hoop iemand daar neem inisiatief. RIV jong man.

Selfbeskikking ·

Selfbeskikking is onafwendbaar as ons wil oorleef. Ons moet nou begin onderhandel met die regering en buiteland daarvoor, dis al uitweg vir ons.

E ·

Aan die ouers:
Jammer oor jul verlies. Dit moet vreeslik wees. Ek weet nie hoe jul voel of wat jul omstandighede is nie, want ek is nie in jul skoenne nie. Al wat ek weet is dat die Here gee en neem op Sy tyd, en dit is iets wat ons niks aan kan verander nie al wil ons hoe graag en al is ons harte gebreek.

God ken ons harte en hy weet wat die beste vir sy kinders is, al voel dit soms onregverdig of hopeloos.

Dalk het Hy geweet dat Gertjie nie sou cope met net een been nie, en toe besluit om hom na ń baie beter plek by Hom te neem.

Wou dit net graag met jul deel.
Mag Jesus jul styf vashou en vertroos in die wete dat Gertjie nou op sy gelukkigste is.

Jesus Liefde

D P ·

Ek praat namens duisende ma’s wat julle nie ken nie, maar wat saam met julle huil oor hierdie groot hartseer. Maar Gertjie se lyding is verby. Mag julle Jesus se vrede en liefde ervaar wat die verstand te bowe gaan.

Jakals ·

Ek volg die storie al van dag een af en so gehoop die jong man druk deur. Baie hartseer nuus.

Ek sien die artikel sê dit was ‘n mislukte rooftog. Volgens die getuienis, het dit meer die eienskappe van ‘n poging om hulle te vermoor aangesien die skurke net op hulle begin los brand, sonder om te vra vir hulle goed. Hulle was uit gewees om dood te maak. Dit maak hulle nie net moordenaars nie (dis te ordentlike woord om hulle te beskryf), maar monsters. Hulle sal ook nooit gevang word nie aangesien ons polisie diens so swak is.

Baie sterket vir Gert se familie en die friende wat daarin betrokke was. Hulle is in my gebede.

Johan ·

En steeds wonder ek WAT was die MOTIVERING vir die onsinnige aanval??? Ek mag nie sê dit was rassisties nie, want swartes is mos nie rassities nie. Maar hoekom iemand summier skiet – sonder enige vrae, sommer net skiet?????? Daar is ‘n klein groep mense in ons land wat SIEK is, SIEK VERBY eintlik. Want net SIEK mense doen sulke goed.
RIV Gertjie – ons glo jy speel reeds komende Saterdag vir een van Onse Vader se spanne in die hemel – waar dit oor SPORT gaan.

JoeV ·

“Sterf na skiet voorval” klink so gewoon, normaal, niks vreemds nie. Dit terwyl persone heel waarskynlik hulle woning verlaat het met die opset om ‘n misdaad te gaan pleeg met wapen wat uit vorige misdaad bekom is en so doe lewe van ‘n gesin verwoes het en die dood van ‘n mens veroorsaak het en vandag weer tussen ons rond beweeg en moontlik sy volgende misdaad beplan. As dit normaal is kan ergerlike teie verwag word voorentoe. Want normaal vir almal sal verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.