Belowende sokkerspeler sterf ná weerlig hom tref

Luyanda Ntshangase, doelskieter vir Maritzburg United (Foto: Safa)

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het gesê sokkertoeskouers landswyd treur oor die afsterwe van Luyanda Ntshangase, ʼn doelskieter vir Maritzburg United.

Ntshangase (21) is in Maart tydens ʼn wedstryd deur weerlig getref en het sedertdien behandeling in die hospitaal ontvang. Hy het Vrydag gesterf.

Ntshangase het twee seisoene gelede sy debuut vir die KwaZulu-Natalse span gemaak teen Kaizer Chiefs.

“Safa betuig sy innige meegevoel met die Ntshangase-familie vir hul verlies. Ons wens ook alle sterkte toe aan sy spanmaats by Maritzburg United, sy vriende, familie en toeskouers landswyd. Mag hy in vrede rus,” het Dennis Mumble, uitvoerende hoof van Safa, gesê.

Ntshangase was ʼn belowende speler en het vinnig naam gemaak. Hy sou ook vir die nasionale o.20’s span (Amajita) gespeel het.

“Dis baie hartseer, want Luyanda het baie potensiaal getoon. Dis baie hartseer dat Suid-Afrika van dié talent beroof is,” het Thabo Senong, hoofbreier vir Amajita, gesê. “Ons innige meegevoel aan die familie, vriende en Maritzburg United FC. Ons dink aan en bid vir julle tydens hierdie moeilike tyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ander Annie ·

Hulle moes punt nommer 1 nie gespeel het in die ongure weer nie. Jy, mnr die span bestuurder moet aangekla word so ook die skeidsregter. Wanneer gaan julle tog besef dat weerlig kan doodmaak? Julle nalatigheid is onaanvaarbaar. Innige simpatie aan hierdie bedroefde familie. RIV.

SjN ·

Wat was die ondersoek na weerlig deur die regering se bevinding en oplossings? Nog van geen verslag gesien nie, hou hul nou verantwoordelik.

Koos ·

Die oplossing is om op te hou speel as die weer opsteek. Of om bo elke stadion ‘n lekker fris “Faraday cage” op te rig.

Oom Kalahari ·

Dit is al eeue lankbewys hoe gevaarlik weerlig kan/mag wees en hoevele mense al hul lewens daardeur verloor het. Sekerlik kon die Bestuur en Skeidsregter hierdie moontlikhede voorsien as dit ongure weer met weerlig is. Dit is regtig nalatig om spelers in sulke omstandighede te laat voortgaan met spel. Sekerlik is daar voldoende weer voorspelling wat in ag geneem kan wird en die nodige aanpassings tot binnenshuise spel oor te plaas. Die familie moet ‘n eis instel teen die klub en bestuur. Alle medelye en Sterkte aan die familie vir jul groot verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.