Bemiddeling tussen spogskole voltooi ná ‘rassevoorval’

Michaelhouse (Foto: Michaelhouse, Facebook)

ʼn Bemiddelingsproses wat begin is ná die beweerde rassevoorval wat op 27 Mei tussen leerlinge van die spogskole Michaelhouse en St John’s College plaasgevind het, is afgehandel.

Dissiplinêre stappe is gevolglik teruggetrek teen ʼn leerder van Michaelhouse wat daarvan beskuldig is dat hy ʼn mede-hokkiespeler van St John’s College die k-woord toegesnou het. Die voorval sou tydens ʼn hokkiewedstryd tussen dié twee spogskole van onderskeidelik KwaZulu-Natal en Johannesburg plaasgevind het.

Volgens Michaelhouse het ouers van albei partye ooreengekom op ʼn bemiddelingsproses nadat ʼn ondersoek na die voorval afgehandel is. “Die bemiddeling is suksesvol afgehandel en wat tydens die proses gebeur het, bly tussen die seuns en die bemiddelaar,” het ʼn woordvoerder van Michaelhouse gesê. “Geen dissiplinêre stappe sal teen die betrokke leerder gedoen word nie.”

Hoewel die woordvoerder nie kommentaar wou lewer oor wat presies gedurende die proses ooreengekom is nie, het Rapport Sondag berig dat die klaers van St John’s College skriftelik aan die seun van Michaelhouse om verskoning gevra het nadat hulle hom skynbaar valslik beskuldig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Swerwer ·

Mooi so word dit gedoen. Vaslike beskuldigings is aan die orde van die dag.

Juffrou ·

Lesufi het dryf in alle opsigte net sy eie politieke aspirasies.

Henri ·

Skandelik. Haatspraak sny twee kante toe. Die skynbare lydende party is toe werklikwaar die leidende rolspeler in die hele debakel wat uitgekring het om ‘n storie van nasionale belang te word. Praat van “poep” in ‘n donderstorm.

pompies ·

Het van die begin af so gedink. Nou ja wat nou so die een wat die vals beskuldiging gemaak het word nie daarvoor gestraf nie, ek neem aan sy ouers is een of ander politisie of grootkoppe by n staats departement. Hy kan nou maar weer sy volgende teiken uitsoek.

Elmarie ·

Daar behoort klagtes gele te word teen die seun wat valslike beskuldigings gemaak het.

Elma ·

Wat bespreek is, bly tussen die seuns en die bemiddelaar.
Bly dat die outjie tevrede was met n “ek is jammer” en dat hy en sy ouers nie gevoel het dis nodig om n ander kind se toekoms te verwoes nie.

lodewyk ·

Ek sal daarvan hou om te weet wat se bemiddeling oor een gekom is??,die valse beskuldiging kon n leerder sy hele toekoms gekos het en vaalslik as n rassis ge brandmerk het,ons laat dit te maklik gaan,hoop die episode word nie net so begrawe nie,ou Rooi kappie het seker net gewag om te sien wat gebeur ,om nie eers te praat van die ander so genaamde minister nie?

Chris dupreez ·

En vorentoe gaan hy nou net weer iemand anders valslik beskuldig. Hy moes geskors gewees het vir sy oneerlikheid.

Di ·

Dink mos hulle kan wegkom met leuens! TE MAKLIK om deesdae valse beskuldigings rond te gooi in die hoop om die ander party skade te berokken. Hierdie leuenaar moet aangekla word en prosesse moet in plek gestel word om te verhoed dat hierdie KLAER dit OOIT weer in die toekoms doen. AANDAG SOEKERS met ‘n minderwaardigheids kompleks

Maritza ·

Wonder hoeveel het die ouers opgedok om dit te laat verdwyn

Ruby ·

So, as ‘n leerder skuldig is aan die k woord word hy summier geskors.

Dieselfde lot moet die leerling oorkom as hy vals beskuldigings rond gooi.

Nou word dit kwansuins op ‘n ordentlike manier opgelos, as die leerling regtig skuldig was aan die k woord, was hier groot opskrifte in die koerante tesame ‘n besoek van die eff.

007 ·

Nou wonder ek of die onskuldige blanke seun sy naam gaan terug kry wat die lot deur die modder gesleep het. As jy voel dat jy wel die k-woord werd is sal jy dit oral probeer uitlok.

Bernard ·

Hierdie “rassisme” word nou ‘n ‘cottage industry’ vir mense wat sukkel met ‘n selfbeeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.