Bemiddelingsproses met Wits-studente misluk; vergadering uitgestel

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Die geskiedkundige Algemene Vergadering, wat vandag by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gehou sou word om ʼn oplossing vir die #FeesMustFall-krisis te vind, is uitgestel.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê ʼn Algemene Vergadering, waarvan nog net tien in die instansie se bestaan van 120 jaar gehou is, word saamgeroep wanneer die universiteitsgemeenskap konsensus oor ʼn spesifieke kwessie bereik het. Aangesien geen konsensus met die betogende studente bereik kon word nie, sal die Algemene Vergadering dus nie vandag voortgaan nie.

“Ons het vandeesweek alle akademiese bedrywighede opgeskort en al ons hulpbronne daarop gefokus om ʼn konsensus tussen die onderskeie rolspelers te bereik dat die akademiese bedrywighede Maandag sal voortgaan. Ons het ʼn konsensus bereik met die raad, senaat, konvokasie, werkers en personeel, maar nie met die betogende studente nie. Ten spyte van al ons pogings en intensiewe gesprekke met die voormalige Black Student Society en studenteraadleiers, was die bemiddelingsproses met die betogers onsuksesvol,” het die universiteit gesê.

Volgens die universiteit wil die betogende studente hê die Algemene Vergadering en ʼn optog na die konstitusionele hof moet voortgaan, maar hulle wil nie daartoe instem dat die akademiese program Maandag hervat nie. “Een van die nuutste eise deur die betogende studente is dat Wits en alle ander universiteite sluit totdat die regering instem tot gratis onderrig,” het die universiteit gesê.

“Die betogende studente wil ook nie ooreenkom oor die formaat van die Algemene Vergadering nie. Hulle wil direkte betrokkenheid van studente op die vloer hê. Ons bekommernis is dat dit onnodige spanning onder die studente en ander rolspelers sal veroorsaak, wat die sekuriteitsrisiko sal verhoog en ʼn simbool van onenigheid vir die universiteit sal wees.”

Die universiteit het gesê aangesien die veiligheid van mense wat vandag die Algemene Vergadering sou bywoon nie verseker kan word nie, sal die vergadering uitgestel word totdat ooreengekom kan word oor die formaat en voorwaardes van die vergadering.

“Ons is steeds verbind tot die eed en optog en indien omstandighede dit toelaat, sal ons beslis [met die Algemene Vergadering] voortgaan. Ons bedank die bemiddelaars vir hul tyd, geduld en insig in hul pogings om konsensus oor hierdie kwessie van nasionale belang te bereik. Hulle het hierdie week ontelbare ure bestee om te probeer om konsensus van al die verskillende groepe te kry.”

Die universiteit het gesê ʼn raadsvergadering sal hierdie naweek gehou word waar daar besluit sal word op die pad vorentoe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

M ·

Sluit alles. Hulle siek hulle self in die voet, want hulle sal nie kan leer of werk kry nie. Daar is genoeg instansies waar die blankes kan studier.

GVW ·

M,
Ek neem aan jy het ook kinders op Universteit waarvoor jy klaar betaal het vir n jaar wat gemors word en tien teen oorgedoen gaan word. Wie dink jy gaan vir die ekstra jaar betaal?? By watter instansie dink jy gaan die studente studeer??

Waar ·

GVW alhoewel ek jou dilemma verstaan, waar studeer jou kind tans of sit hy by die huis en wag vir die Universiteit om (nie) oop te maak nie? Die mense gee nie om om ‘n jaar van almal se lewens te steel nie, erens moet daar tog konsensus bereik word, so OF julle ouers moet ook met ‘n regsaksie begin om die Universiteit ten alle koste oop te hou, OF julle moet maar kyk hoe die Universiteit nie net toegemaak word nie, maar ook afgebrand word. Persoonlik dink ek as hulle dit 6 maande sluit om mense tot ander insigte te dwing, dit dalk beter kan wees, julle kinders kan anyhow nie nou klasdraf nie .

Hilda ·

Aangesien hulle alles gratis wil he, laat hulle n eed afle dat hulle vir die res van hul misrabele lewe gratis sal werk. Hetsy Prok, Dr, Sielkunde, Ingeneurs, ens ens. Alles is mos gratis so dan wil ons dit ook in die toekoms he.

callie ·

Hoekom laat die meerderheid toe dat die minderheid instansies sluit. Hierdie minderheid sal ek waarborg se studieskuld is agterstallig. Verder vertoon die redenasie vermoe van die betogers dat met hul IK hulle buitendien nie daar hoort nie. Dit is ongelukkig so dat almal moet besef dat met n ZUMA wat geen leiereienskappe het nie, is die land verby die omdraai punt. Die land gaan nou te gronde gaan en na die vloei van baie bloed met baie sweet weer opgebou moet word

John ·

#IWillNotResign raak nou ‘n daaglikste statement. #StateCaptureTheTruth is ok waar. ‘n Voeltjie fluit ook glo: #IfWeFallAllElseWillToo.

D.B. ·

Die ANC het hulle gratis onderrig belowe nie die univ. nie. Hoekom ruk hulle nie op na Luthuli Huis en brand daai gebou af nie?! Blameer die ANC regering van die dag nie die instansies nie.

pieter ·

En so sal hulle aanhou eise stel en eise stel. Slapgat bestuur Wits en Tukkies.

Jo-anli ·

Mense met niks tussen ore? wil alles verniet hê. Nou skielik alle sanitêre produkte. Tandrpasta tandrborsels seep en dames se produkte. Belaglik. Nog nooit ooit het enige enige studente van verlede tot nou sanitêre produkte gekry. Studente laat staan kinderagtige vloermoere en studeer. Dis waarvoor julle daar is om srlfverbetering in lewe te hê vorentoe vir JULLESELF. WORD WAKKER

Columbiana ·

Is dit regtig onderhandelinge as die een party ‘n hengse dybbelloop haelgeweer teen die ander party ae kop hou? Nee dit kan dan tog nooit susksesvol wees nie. Dis eerder afpersing. Of julle doen wat ons sê of ons brand die plek af. Daar kan geen bemiddeling wees in sulke omstandighede nie.

gerbrandt ·

Dagvaar hulle en sien hoe vinnig verander die slapgat bestuur. Sonder geld het hulle nie meer ‘n werk nie en dan kan hulle voel hoedat dit voel.

Dirk ·

Op vanaand se nuus se Cosatu skoolonderrig en kleuterskole moet ook gratis wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.