Bende-ritueel lei glo tot gevangene se dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn gevangene glo dood is tydens ʼn beweerde bende-ritueel in die Brandvlei-gevangenis in Worcester, Wes-Kaap, het The Star Donderdag berig.

Volgens die berig ondersoek die regterlike inspektoraat vir korrektiewe dienste ʼn voorval waartydens die gevangene, Lubabalo Mzamo, glo dood is tydens ʼn simboliese “stort van bloed” bende-ritueel.

Delekile Klaas, die Wes-Kaapse kommissaris van korrektiewe dienste, het gesê die voorval het in ʼn nuwe gedeelte van die gevangenis plaasgevind. “Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voorval deel kon wees van ʼn bende-inisiasie wat vereis dat bloed gestort moet  word om as ʼn simboliese opening van die nuwe sentrum te dien,” het Klaas gesê.

Mzamo is in die Tygerberg-hospitaal dood nadat hy vir 10 dae in ʼn koma was.

Ondersoekregter Vuka Tshabalala het egter gesê ʼn verslag is verlede week ontvang wat aandui dat Mzamo na bewering deur tronkbewaarders aangeval is wat probeer het om hom te bedwing nadat hy een van hulle aangerand het.

Klaas het gesê hoewel die bewaarders geprys is vir hul vinnige optrede, die departement die skynbare oormatige gebruik van geweld deur sommige amptenare veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LIllian ·

Bewaarders gebruik te veel geweld? Julle is nie ernstig nie!? Al ooit met misdadigers gewerk? Seker nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.