Bende slaan toe op geldwa in Johannesburg

Foto: Verskaf.

ʼn Groep swaar gewapende aanvallers het Dinsdagaand ʼn G4S-geldwa op Ontdekkersweg in Roodepoort aangeval.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 18:30 plaasgevind tussen CR Swart- en Corlettrylaan.

Volgens hom het agt verdagtes in ʼn wit Mercedes-Benz en ʼn swart VW Golf op die geldwa se bande losgebrand en dit van die pad gedwing.

“Hulle het die twee veiligheidswagte opdrag gegee om uit die voertuig te klim en toe springstof gebruik om die wa oop te blaas,” het Masondo gesê.

Die verdagtes het van die toneel gevlug met ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant.

Masondo het bevestig dat een veiligheidswag beseer is toe die voertuig van die pad af gedwing is. “Hy is na die hospitaal geneem. Hy is nie geskiet nie.”

Masondo kon nie gerugte dat sommige verdagtes in Mindalore vasgetrek is, bevestig nie.
Die polisie is volgens hom op soek na al agt verdagtes.

Die polisie ondersoek ʼn saak van transitoroof.

Sr.supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, wou nie kommentaar lewer oor die voorval nie en het alle navrae na die polisie verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Genieve ·

Deesdae se geldwaens onploffings is inside jobs gee net inligting deur ons is oppad in rigting julle kan maar toeslaan.

Eish ·

Republic of Botsotsi.
Since 1994.
Jy sou nie die klas van misdaad gehad het toe die SAPS nog voertuie vir werk gebruik het en patrollies gery het nie.

Johann ·

Seker een van die oordrewe gereelde gebeurlikhede wat Minister Sisulu na verwys.

CAROL ·

Hulle is nie geskiet nie???? mmmm klink asof hul mekaar ken – maybe inside job????

hans ·

Black Capital Monopoly, dis beplande rooftogte die en dit word deur die regering fyn onder die oe gehou anders so daar lankal iets gedoen gewees het, Lekker kallie, heerlik pieta

Linda ·

Dit het gisteraand soos n oirlog hier reg by ons in Ontdekkersweg gelyk. Ek het gerugte gehoir dat van die rowers in Mindalore gevang was maar kan nie dink dat hul deur Mindalore weg sou jaag nie omdat Ontdekjers n groit dubbel pad is en daar was gerugte dat hul in die lug in Noordheuwel by n robot geskiet het. Dus was hul op pad na Krugersdorp toe !!! Hier was baie polisie op die toneel, asook n polisie helikopter in die lug gewees. Ek verstaan nie dat die rowers so n groit kans sou waag om n geldwa op hierdie interseksie wat altyd besig is sou skiet. Met ander woorde hulle gee nou nie eens meer om as van die publiek geskiet word nie !!!

Cherokee ·

Wanneer gaan julle die woord ‘binne-inligting’ of iets in dier voege leer? Indien ooit! Dit is tog nie so moeilik nie.

M ·

Ons is te besig om vir ons lewens te vrees! Daar is nie nou tyd om nuwe woorde te leer nie.

kas ·

Daar is op ‘n voertuig geskiet met mense in.Is dit nie poging tot moord nie?Hoekom gebeur dit so maklik en so gereeld?Hoe kry hulle die plofstof in die hande?Werk hulle in myne of gee iemand wat in ‘n myn werk dit vir hulle teen vergoeding.Hoe is die myne se sekuriteit?Die wagte is beveel om uit te klim toe word die geldwa oopgeblaas en nie een van hulle word beseer in die aanval nie.Was dit weer R5 gewere en AK 47’s?Hoekom was daar net twee wagte?As hulle by ons kom geld haal is daar vier wagte,twee ry agter by die geld en twee ry voor.Ek glo vas hier is sindikate betrokke.

zoom zoom ·

Mag die wagte in die geldwaens glad nie terug skiet nie. Nooit is daar ‘n berig wat sê dat van die rowers geskiet is nie. Hier is iets nie lekker nie.

SArel ·

Gaan kyk maar watter SAPS lede was gister aand aan diens , jy sal die geld by hulle kry , asook die wapens wat gebruik is is SAPS wapens , almal weet wie die kriminele in die land is , halfte is in parlement ander halfte in die SAPS

Meraai ·

Ek was die 4de voertuig agter G4 gewees!!!! Was nog nooit so in my lewe in vrees gewees nie!!! Gevoel wat jy nie kan verduidelik nie!! Dai ontploffings was so erg my Jeep het het of beweeg of gelug,Dankie Here eks veilig!

Chantal ·

Dankbaar jy is veilig ! Rooftogte is onmenslik ontstellend . Dis n vrees wat mens nie kan oor sit in woorde.

Sterkte vir jou ?

Oom Kalahari ·

Mev. Sisulu, dit is mos maar net ‘n gewone misdaad en ‘n geisoleerde geval. As die land inmekaar val is daar niks fout en moet die whitey geblameer word. Hierdie eensydige aanvalle is al die norm van Regering tot linkse radio stasies (omroepers) tot media. Foutiewe erkening en swak bestuur en leiding moet mos nie openbaar wees nie, want dan strook dit nie met die mars mensies nie. Kom ons sien langtermyn oor 05jaar wat is SA se posisie……..ashoop status.

marous ·

Kom toer en doen beleggings want dit is ‘n fantastiese veilige land . Kry asseblief net julle testamente in orde want julle gaan dit dalk nie van die lughawe tot by jul eerste oornag plek maak nie ….

Piet Pompies ·

Ongelooflik. Misdaad aan die toe neem. Hou vas. Dit gaan erger word!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.