Bende verkrag, rand aan by begrafnisondernemings

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die polisie in Limpopo is op soek na ses gewapende verdagtes wat Sondagoggend op twee begrafnisondernemings in die Malipsdrift-omgewing toegeslaan en vyf vroue verkrag het. Verskeie manlike werknemers is ook tydens die onderskeie voorvalle aangerand terwyl een persoon gewond is.

Die begrafnisondernemings is langs die R37-pad (langs Leporong) geleë.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê twee vriendinne was vroegoggend te voet op pad om vir ʼn vriend by sy werksplek by die Wisani Burial Society-begrafnisonderneming te gaan kuier toe ses mans hulle oorval en na die naaste begrafnisonderneming gevat het.

Hier het die verdagtes een werker geskiet en gewond waarna hulle met die twee vroue na ʼn volgende nabygeleë begrafnisonderneming is.

By hierdie onderneming, waarvan die polisie nie die naam bekend gemaak het nie, het die verdagtes op nog drie vroue en ses manlike werknemers afgekom.

Volgens Mojapelo het die verdagtes die mans ernstig aangerand – onder meer met die agterkant van hul vuurwapens. Al vyf vroue is daarna deur die ses verdagtes verkrag voordat die aanvallers met die slagoffers se selfone en besittings gevlug het.

Die verdagtes het ook geld uit die kluis op die perseel gesteel.

Die slagoffers is deur ’n ander werknemer aangetref toe dié vir diens aangemeld het.

“Met die werknemer se aankoms op die toneel het die erg beseerde slagoffers op die grond en op stoele gelê.

“Van die vroulike slagoffers is ook aangerand. Hulle is almal na hospitale vir verdere behandeling vervoer.”

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het intussen ʼn ondersoekspan saamgestel om die verdagtes op te spoor. Hadebe moedig die gemeenskap aan om met enige inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan help.

Die polisie ondersoek tans vyf klagte van verkragting, drie ontvoeringsake, sake van poging tot moord en sakeroof.

Enigeen met inligting kan lt.kol. Lehlagane Mamadisa by 079 894 5482 kontak, of die Stop Misdaadhulplyn by 08600 10111.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

domheks ·

het cele al die toneel besoek? of was daar nie genoeg kameras beskikbaar nie?

Louise ·

Wys net hoe wetteloos is dit al, wat nog te sê respek vir die afgestorwe mense en hulle families.
Siek verby.

Nie Verbaas ·

Kom Cele, laat ons hoor watse snert raak jy nou kwyt.

melaney ·

Cele kan nie nou aandag hieraan skenk nie. Hy berei hom voor om Gauteng se premier te word. Groot partytjie wag vir hom en sy makkers.

AmY ·

Ou hoed gaan seker sê: GELUKKIG IS HULLE NET VERKRAG EN NIE VERMOOR NIE…

Frank John ·

Wonder of dit locals is of zim burgers, of dalk Nigeria. Stel mos die grense oop vir africa.

Marelize ·

Ek het nie woorde nie. Ek kan nie glo ons moet die pragtige land deel met sulke gemors nie. Skuim van die aarde.

Niklaas ·

Laat ek raai. Die dade is alweer gepleeg deur “besoekende toeriste” uit Zimbabwe , wat onwettig oor die SA grense gesluip het. Meeste van die misdade die afgelope paar jaar word deur hierdie reisigers gepleeg. Lyk nie asof daar enige oplossing vir hierdie probleem is nie. En moet tog nou nie vir Hoedman pla met sulke probleme nie. Hy is ‘n besige man met ander dinge…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.