Bende-verkragting in Noordwes

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 36-jarige vrou van Noordwes is glo om die beurt deur vier mans verkrag, terwyl haar man deur een van die verdagtes ondervra is.

“Die man en vrou het Donderdagaand lê en slaap toe hulle mense buite hul huis in Huhudi gehoor het,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê. “Die mans het haar man op die naam geroep en hy het die deur gaan oopmaak.”

Die verdagtes het vir die man gesê hulle is op soek na ʼn plasma-televisiestel. Hy het gesê hy het nie die televisiestel waarna hulle op soek is nie. “Terwyl een van die verdagtes die man ondervra het, het vier verdagtes die vrou om die beurt verkrag.”

Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug. Twee persone is Donderdag in hegtenis geneem, maar die polisie is nog op soek na die ander drie verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AShley ·

Wanneer gaan ons begin opstaan teen die vlaag van geweld wat ons al so lank teister?
Wanneer gaan ons begin wakker skrik en vigilant wees oor hierdie dinge?
Elke man wat dink “hy weet wat vrouens nodig het” en dit aan hul opdring, het tog geen reg op Menseregte nie?
Waar het ek dit dan tog verkeerd? Waar? Wanneer het ons so lam geraak rakende ons emosies?
Het televisie ons dan regtig so maklik afgestomp gemaak vir violence dat ons na dit kyk asof dit net NOG ‘n baie REAL videospeletjie is en Marvel ons oor die REALNESS van die graphics?
Wake UP! Ruik die freaking rose! Dit ruik na Bloed! Onskuldige mense se bloed! Ons land Drup Bloed en ons sit agteroor en drink ‘n glasie vonkelwyn of bier want ons het SO ‘n harde week gehad en ons skud ons koPpe in ongeloof oor die banale geweld terwyl ons nog ‘n happie vat van die bak met snacks voor ons en ons is verbysterd oor die REALnEss van die scene voor ons op tv/koerantberig/social media ….

Viljoen ·

Ashley Is dit? Dame wat meer will jy he moet n mens doen Na n lang week?? Ini bos voorle en wag vir skelms dalk? Ons bier neer sit en kar wag buite staan. Die is suid afrika dit is wat gebeur in ons land ons moet aan beweeg.
Ons kan nie in vrees lewe nie ons kan well op en wakker wees en verhoed dat sulke dinge nie met ons. Of ons families gebeur nie maar eerlik waar? Wat presies het jy al aan die hele saak van Moord Roof Rape en dood maak gedoen? Het jy al mense vas getrek het jy al voorbrand gemaak dat goed soos dit nie met ander mense gebeur nie. Dit klink of jy n goeie punt maak en dat jy well n verskill will maak in ons land maar om goed soos dit te se maak geen verskill nie as jy well. N verskill will maak. Maak so asseblief

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.