Bende wat sakeman glo dreig, nou agter tralies

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn Bende wat glo geld van ʼn Potchefstroomse sakeman geëis het sodat hulle nie sy bou-onderneming tot stilstand dwing nie, is Dinsdag aangekeer.

Die groep, tussen 39 en 61 jaar oud, is in ʼn intelligensiegedrewe operasie nagespoor en deur lede van onderskeidelik die teenbende- en die taktiesereaksie-eenheid in hegtenis geneem op ʼn aanklag van afpersing, sê brig. Sabata Mokwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes.

Die mans verskyn na verwagting Vrydag in die landdroshof op Potchefstroom.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiehoof, het die inhegtenisnemings verwelkom en sê dit moet as ʼn waarskuwing dien dat die polisie nie sal huiwer om teen georganiseerde misdaadbendes op te tree nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Di ·

Genade, daar is meer kriminele in die land as wetsgehoorsame burgers. Danksy die korrupte spul terroriste wat die land regeer het SA in totale anargie verval. Selfs die SAPD, SANW en die meeste in die Parlement, is korrupte en onbevoegde spul wat van geen waarde is vir SA nie.

Shakespeare ·

Goed en wel SAP. Eers as hulle agter tralies is sal ek hande klap.

ES ·

Wel gedaan! Die konstruksie “mafia” moet op hul kniee gedwing word.

Jakes ·

Hierdie kriminele oefen maar net die norm uit in SAsedert 1994.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.