‘Bendebaas’ en sy vrou vas

Shaun Ah-Shene en sy vrou Virginia Ah-Shene Foto aan Maroela Media verskaf deur die polisie in die Oos-Kaap

Shaun Ah-Shene en sy vrou Virginia Ah-Shene Foto aan Maroela Media verskaf deur die polisie in die Oos-Kaap

ʼn Egpaar van Port Elizabeth is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met geldwassery en ses aanklagte van die besit, aanskaffing en gebruik van gesteelde goedere.

“Die Valke het in 2006 al begin met ʼn projek om dwelmsindikate in die Oos-Kaap oop te vlek,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die egpaar, Shaun Ah-Shene (49) en Virginia Ah-Shene (49) was glo deel van dié onderwêreld. Hulle het glo hoofsaaklik handel gedryf in dwelmmiddels maar het later ook gesteelde goedere gekoop en verkoop. Van dié ware is tydens gewapende rooftogte en huisrooftogte gebuit.

Shaun, die vermeende leier van die sindikaat, het al jare lank sy inhegtenisneming ontduik, aangesien hy nooit direk by die misdade betrokke was nie.

“Die Valke het in 2008 weer ʼn visenteringslasbrief bekom en die polisie het beslag gelê op gesteelde juweliersware, luukse manshorlosies insluitend Rolex, asook Rayban- en Oakley-sonbrille,” het Mulaudzi gesê “Daar was ook videokameras en skootrekenaars. Die polisie het die ware aan ses gewapende rooftogte verbind wat by uitgesoekte juwelierswarewinkels in Port Elizabeth plaasgevind het.”

Die egpaar is Dinsdag in hegtenis geneem en aangekla. Hulle is na die New Law-hof in Port Elizabeth geneem waar hulle vrygelaat is op borgtog van R5 000 elk met voorwaardes. Hulle moet onder andere twee keer per week by die Mountweg-polisiestasie aanmeld, die ondersoekende beampte in kennis stel indien hulle sou verhuis of buite die Oos-Kaap wil reis.

Die egpaar moet weer op 27 Februarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Hy is die leier van ‘n sindikaat. Hallo!! Hoe kry hulle borgtog. Julle moet maar hoop julle sien hulle weer.

Hannes ·

Ongelooflik dat hulle borg kry en ook net R5000 terwyl die 2 gesteelde Rolex horlosies het. Waar gaan ons regstelsel heen?

Drieks ·

Waaaaaat…….
Hul het 5000 betaal om nog vanaand ‘n gewapende roof te doen. Wie was die landros…????

ladybug ·

Die “regstelsel” in hierdie sogenaamde demokratiese land “suck”!

Hoe gee jy sulke gemors borg? Hulle gaan land uit en NIEMAND gaan hulle weer sien nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.