Bendebedrywighede in Kaapstad hokgeslaan

Een van die vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het in Hanover Park Foto: SAPD Wes-Kaap

Een van die vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het in Hanover Park Foto: SAPD Wes-Kaap

Polisiebeamptes van die Wes-Kaap fokus tydens Operasie Combat op bendebedrywighede wat die Kaapse Vlakte teister. Lede van die eenheid het tydens die feesseisoen hul pogings verskerp.

“Polisiebeamptes het Saterdagmiddag beslag gelê op ʼn 303-geweer in Hanover Park en een persoon is in hegtenis geneem,” het brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê.

Lt.genl. Gary Kruser het die lede geloof vir hul pogings. Hy het gesê dié veldtog sal meer vertroue in die polisie skep. “Die inhegtenisnemings stuur ʼn sterk boodskap aan die misdadigers,” het Kruser gesê. “Die gemeenskap van die Kaapse Vlakte voel terselfdertyd veiliger wanneer hierdie misdadigers agter tralies is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Retief ·

Op een wapen beslag gelê? Ek vermoed dit was nog nie eens ‘n skrapie aan die bendeboom se bas nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.