Bendegeweld: 1 dood, 2 beseer

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Een persoon is dood en twee beseer in bendeverwante geweld wat Sondag in Shauderville in die noordelike dele van Port Elizabeth plaasgevind het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van moord en een van poging tot moord word ondersoek.

Die polisie het Sondag op ʼn klagte rakende ʼn voorval by die Glendenning-woonstelblok gereageer.

“Toe die polisie by toneel aankom was drie beseerdes reeds na die hospitaal vervoer. Een van die mans is dood en twee ander, onderskeidelik 23 en 28 jaar oud, het skietwonde aan die bors, enkel en heup opgedoen.”

Daar word beweer dat die oorledene en die twee beseerdes, lede van die China Ah Shene-bende, na die woonstelle gegaan om ʼn man wat glo aan die Bethelsdorp Spotbouers-bende behoort, te gaan sien.

Hulle het hom glo genader oor ʼn voorval wat vroeër die week plaasgevind het waarna ʼn skietery uitgebreek het.

“Die broer van die vermeende leier van die Ah Shene-bende is glo in die skietery beseer,” het Naidu gesê.

“Die publiek word aangeraai om die Highveldweg-omgewing in Shauderville te vermy weens die moontlikheid van weerwraak-skietvoorvalle in die omgewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

hendrik ·

“Toe die polisie daar aankom was drie beseerdes klaar vervoer na die hospitaal” Hoe lank vat dit die polisie om by n moordtoneel uit te kom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.