Bendegeweld duur voort in PE; tiener geskiet

Polisiebeamptes aan diens in Port Elizabeth Foto: Raahil Sain

ʼn 15-jarige meisie het Woensdag ter nouernood aan die dood ontkom toe sy skrams teen die kop getref is tydens nóg ʼn skietery in die noordelike dele van Port Elizabeth.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die tiener het glo saam met ander persone in ʼn erf in Devrilweg in Helenvale gestaan en gesels toe skote van agter ʼn boom afgevuur is. “Die 15-jarige meisie het ʼn skraapwond aan haar kop opgedoen toe ʼn skoot van oorkant die pad afgevuur is. Sy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.”

Naidu het bevestig die polisie se bendeondersoek-eenheid ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Die skieter is onbekend.

Die polisie stel ook ondersoek in ná die 22-jarige Mathew Prince Dinsdagaand dood aangetref is in Salt Lake. Naidu het gesê polisiebeamptes is omstreeks 20:00 na ʼn oop stuk veld tussen Japhtasingel en Harringtonstraat ontbied. “Beamptes het Prince se tannie na die toneel vergesel. Hy het verskeie skietwonde gehad.”

Prince se persoonlike besittings is nie gesteel nie en daar is nie enige inligting dat hy deel was van enige bende nie.

Minstens nege persone is die afgelope twee weke dood en verskeie beseer tydens ʼn reeks voorvalle van bendegeweld in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben P ·

Nou waar is hoedjie cele se manne hy dan so baie beloftes gemaak om bendes te so en dat so …. o jaaaaa amper vergeet ek dit was net verkiesings praatjies Wel bendes julle is nou weer op julle eie tot weer verkiesings tyd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.