Bendegeweld laat een dood, een vas

Foto: Verskaf.

ʼn Vermeende bendelid is Saterdag in hegtenis geneem ná ʼn moord en bendeverwante geweld Saterdag in Thabong in Welkom in die Vrystaat uitgebreek het.

Kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het gesê geweld het Saterdag tussen die IJP- en VL-bendes uitgebreek en ʼn 22-jarige man, een van die IJP-bendelede, is vermoor.

“Die oorledene, ‘Pidipidi’ (Tumelo Samuel Mohlomi), se liggaam is aan die kant van die straat in Thubelisha in Thabong aangetref. Daar word beweer ʼn gemeenskapslid, wie se seun glo deur Pidipidi van sy selfoon beroof is, het hom gevang en aan die kant van Thubelisha waar die VL’s bly, gaan aflaai. Die VL’s het toe vir Pidipidi aangeval en hy is op die straat dood weens steekwonde,” het Khosana gesê.

Die IJP’s het toe na die gemeenskapslid se huis gegaan, sy huis aangeval, vensters gebreek, palissades beskadig en die man erg aangerand in ʼn poging tot wraak.

Die polisie is na die toneel ontplooi en die bendelede het van die toneel gevlug. Die beseerde gemeenskapslid is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.

ʼn Moordsaak en saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanhangig gemaak.

Vier mans is ingebring vir ondervraging.

“Intussen het ʼn 22-jarige man ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen Pidipidi aanhangig gaan maak. Hy is dieselfde dag by die polisiestasie in hegtenis geneem aangesien hy verbind kan word met Pidipidi se moord.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wonder ·

Die gemeenskappe sal self iets aan die bende geweld moet doen, want geen hulp kan verwag word van die polisie en regering nie.

Chappie ·

As daar nie plaasmoorde is nie is daar ook nie bendegeweld of politieke moorde of polisiemoorde nie, dan is daar net MISDAAD. So dit alles is net gewone misdaad volgens die Minister . en geniet die nodige aandag aangesien almal in SA wetsgehoorsame burgers is.

snoefie ·

die “bendes” het nou na al n gerieflike paaiboelie geword vir die polisie om hullel afhartigheid agter weg te steek. arresteer maar die 22 jarige omdat hy nie so gevaarlik soos die bendes is nie en dit dien as bewys die saps dien darem die bendes ook. min cele, jy het wit mannetjies in mag nodig. hulle skrik nie vir “bendelede” nie.

TDW ·

Ek wens die polisie kan iets doen aan die bende geweld in die Kaap. Die Kaapse Kleurling kinders gaan gebuk onder bende geweld en dwelms. Die bende lede werf laerskool kinders met dwang, en hulle moet afgryslike dinge doen om deel te wees. Mag ons gebede uitgaan na hierdie kinders wat nie wil deel wees nie, maar met geweld gedwing word. Die ouers se hande is afgekap. Help die kleurlinge en die boere. Hulle lewens is nie maklik nie.

christa ·

hoekom los die polisie nie die mense uit nie. Hulle wil hulself uitwis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.