Bendekoeëls eis lewe van vierjarige  

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Vierjarige kind is Woensdagaand dood in ʼn skynbare geval van bendegeweld in Ottery in Kaapstad.

Volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is die meisie teen 18:50 in ʼn wendyhuis in Woodgate Court geskiet. Sy is na ʼn hospitaal gehaas waar sy later aan haar beserings beswyk het.

ʼn 48-jarige man is ook tydens die voorval getref en gewond. Hy word in ʼn hospitaal behandel.

“Drie verdagtes het van die toneel gevlug en word gesoek in verband met die voorval. Daar word vermoed dat bendes op mekaar geskiet het en dat die meisie in die kruisvuur beland het.”

Enigiemand met inligting word versoek om Stop Misdaad te kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Di ·

Liewe genade, waneer gaan die geweld einde kry, dit raak net erger. Onskuldige mense sterf agv kriminele wat vry rondloop

Prontuit ·

ai tog onskuldig en onnodig wanneer gaan dit eindig????????????????????????

Anoniem ·

Kindertjies is byna áltyd die lydende partye met hierdie tipe gruwel dade. Dit is ook hoofsaaklik toeskryfbaar aan die feit dat hierdie regering NIKS aan die situasies doen nie.

Swerwer ·

Hoekom moet onskuldige mense vermoor word as gevolg van Hoed en sy trawante wat nie
bevoeg is vir hul poste nie. Hoed jy sal moet begin verantwoording doen vir al hierdie onskuldige mense en kinders wat sterf weens jou toedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.