Bendelede in die hof oor poging tot moord

Argieffoto

Sewe van agt vermeende bendelede het Dinsdag in die Botshabelo-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag van poging tot moord.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die verdagtes is vroeër vrygelaat omdat hy nie positief verbind kon word met die misdaad nie.

Mzwakhe Boy Peyi (21), Zanele Daniel Peyi (23), Mbuyiselo Peyi (24), Moeketsi Mahlalehlele (23), Lebohang Sephuma(20), Lebohang Mabitsa (20) en ʼn 17-jarige minderjarige bly in aanhouding. Hulle moet op 19 Mei weer in die hof verskyn.

Twee broers het op 10 Mei 2020 omstreeks 10:00 in die straat geloop by Section W in Botshabelo. “ʼn Groep jong mans het hulle naby ʼn kleuterskool voorgekeer en die 30-jarige broer verskeie kere met ʼn mes gesteek in sy kop en bolyf.”

Die ondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.