Bendelede sit lank

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Yolisa Matakata en haar bestuurspan verwelkom die lang vonnisse wat ses bendelede Maandagoggend in die Kaapstadse hooggeregshof opgelê is.

Regter Rogers het Horation Solomons, Ismail Ockerts, Keenen Kruger en Lucian Consul lewenslange tronkstraf opgelê, het kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Fabian Constable en Ziyaad Safodien is onderskeidelik tot tien en elf jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Vernon Botes in 2017 in Delft en ʼn rits ernstige en gewelddadige misdade.

Solomons, Ockerts, Kruger en Consul is ook gevonnis en skuldig bevind vir die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad vir hul betrokkenheid by bendebedrywighede.

“Dit bring ʼn einde aan die vrees en terreur wat dié misdadigers in gemeenskappe gesaai het,” het Traut bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Baardman ·

SA se probleem: As die vonnis lewenslank is, laat hy dan daar bly tot sy misrabele lewe verby is. As dit 10 jaar is, laat hy nie n dag korter as 10 jaar sit nie.

Rose ·

Tronkstraf het nog nooit bendebedrywighede afgesit nie, hulle floreer daar.

Niklaas ·

Daai manne kan vanuit sy sel in die tronk steeds wanorde laat saai , bevele gee en leef soos konings. Dis glad nie die einde van hierdie bendelede se misdaad betrokkenheid nie. Dis soos ‘n slang met baie koppe.

Jakes ·

Bendegeweld in die Wes-Kaap gaan oor die beheer en verspreiding van dwelms. Hierdie kriminele gaan wel tronk toe maar sal steeds hul winsgewende mark verder in die tronk en vanuit die tronk bedryf.

JohanR ·

Vir elke 6 wat tronk toe gaan word nog 12 opgelei. Dit sal nooit stop nie. Hoekom word dit nie ‘n wet dat jy nie aan ‘n bende mag behoort nie? Soos met die ANC waaneer gaan die groot kop bende baase tronk toe. Hierdie 6 en ander, is maar die klein vissies, en is gou vervang.

Thea ·

Vir bendes beteken ‘n vonnis absoluut niks. Hulle werk vanuit die tronke en niks en niemand sal hulle keer nie. Nie eers die polisie of die tralies waar agter hulle is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.