Bendeleier, ses ander in huis doodgeskiet

Bheki Cele. Foto: Kopano Tlape/GCIS

’n Berugte bendeleier is een van sewe mense wat dood is tydens ’n skietgeveg met die polisie en lede van ’n veiligheidsmaatskappy in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Die skietery het by ’n huis in Scottsville plaasgevind. Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdagaand die toneel besoek.

Hy het aan verslaggewers gesê die berugte bendeleier wat doodgeskiet is, was een van die 45 verhoorafwagtendes wat einde April ontsnap het nadat die voertuig waarin hulle na die Pietermaritzburg-landdroshof vervoer is deur gewapende aanvallers van die pad afgedwing is.

Volgens Cele was daar talle lasbriewe vir die vermeende bendeleier se inhegtenisneming en hy is onder meer deur die polisie gesoek op aanklagte van moord, verkragting en poging tot moord.

Twee vroue is onder die sewe oorledenes. “Dit is in die stadium nie duidelik of die vroue ontvoer is en of hulle uit vrye wil in die huis was nie,” het Cele op die toneel gesê.

Daar is op vuurwapens en ammunisie beslag gelê en verdere ondersoek sal vasstel of die drie motors wat op die perseel gevind is, gesteel is.

Volgens Cele het die skietery by ’n huurhuis plaasgevind waar die verdagtes al glo vir sowat ’n maand lank gewoon het.

Daar is in die stadium nie meer besonderhede oor die skietery bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Persheks Adri ·

Gewapende aanvallers sê jy? Patete!!! Wys jou hoe maklik gebeur dit met jou eie mense pffft. Sien hoedeman as you mense bietjie werk dan kry julle onwettige wapens en ammunisie

gatgogga ·

Persheks Adri, dit is nie eers lede van die polisiemag wat die joppie gedoen het nie. Dit was lede van ‘n sekuriteitsmaatskappy.

Persheks Adri ·

Die berig sê wel die polisie en veiligheidsmaatskappy was in skietgeveg gatgogga, maar hoed vat die krediet shame hy voel seker goed…

Persheks Adri ·

’n Berugte bendeleier is een van sewe mense wat dood is tydens ’n skietgeveg met die polisie en lede van ’n veiligheidsmaatskappy in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Polisie en veiligheidsmaatskappy gatgogga, maar ek verstaan wat jy sê.

Seker Gun Free wat duime af gooi by kommentaar…

annie ·

Our coroner par excellence… with his black top-hat, without his gun, always on time after the gun-down.

jzjz05 ·

Wonder wanneer Cele n plaas aanval sal besoek en ons n bietjie op hoogte bring met wat hy sien en dink .oo=ja plaas aanvalle is mos nie nuus waardig nie en dit is mos maar net n boer of sy gesin wat vermoor word.

Janc ·

Ons mag nie vuurwapens besit vir doeleindes van selfverdediging nie maar die kriminele wat nie aan die wetgewing gehoorsaam is nie, loop met vuurwapens rond asof hulle aangekoop kan word by enige winkel? Diegene wat gehoorsaam wil wees aan die reels en regulasies word oor die vingers getik en verbied om veilig te wees.

gatgogga ·

As ek hom nog ‘n keer kan bykom, dan is sy ander oog ook toe.

Herman L ·

Waarmee gaan die polisie bendes aanval as die nuwe wet in werking tree? Ek neem aan as ‘n mens nie ‘n vuurwapen mag besit om jou self te verdedig nie, sal die polisie ook iets anders as vuurwapens moet kry. Of mag ‘n mens dan wel ‘n vuurwapen besit as jy iemand wil aanval?

Hester Wilhelmina ·

So eintlik het die misdadigers die polisie se werk vir hulle gedoen? Verstommend hoe maklik HULLE die bendeleier kon opspoor, né?

Boon ·

SAPD get hier op goeie intelligence gereageer en n grootkop en sy makkers uitgehaal..welgedaan manner en vroue in blou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.