‘Bendeleier’ skuldig aan sewe moorde

Argieffoto

Argieffoto

George “Geweld” Thomas, die beweerde leier van die 28-bende, is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan sewe moorde.

Thomas het tereggestaan op 19 aanklagte van moord. Die uitspraak is gelewer nadat regter Chantel Fortuin ʼn paar dae afgestaan het om die uitspraak van 800 bladsye teen Thomas en sy 18 medebeskuldigdes hardop voor te lees.

Netwerk24 berig Thomas is skuldig bevind aan die moorde op Angelo Claasen, Glenston Martin, Yuzrieh Abrahams, Haywin Strydom, Cecil Barnes, Greshan Booysen en Nydene Davids. Thomas is ook skuldig bevind aan die vyf aanklagte van rampokkery ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.

Volgens Dan Plato, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, is Thomas skuldig bevind op 53 aanklagte, waaronder poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen. Plato het gesê die uitspraak moet gebruik word as voorbeeldsaak om te verseker dat bendelede van die strate verwyder en verantwoordelik gehou word vir hul misdade.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Verwyder hom permanent uit die samelweing, verdien om gehang te word

Marietjie ·

Al gaan hy ook lewenslank tronk toe, sal hy steeds sy septer buite kan swaai en sal sy bendelede steeds sy bevele uitvoer. Net die doodstraf sal sy “bewind” kon stop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.