‘Bendelid’ 4 lewenslange vonnisse opgelê vir moord

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Man is Donderdag vier lewenslange vonnisse in die Wes-Kaapse hooggeregshof opgelê vir die moord op vier mense in Atlantis in 2017 in dié provinsie.

Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, is dié slagoffers op 17 September deur Adrian Leonard (27) en ʼn onbekende persoon genader waarna Leonard met ʼn vuurwapen op hulle losgebrand het. ʼn Vrou (27) en drie mans, onderskeidelik 21, 24 en 42 jaar oud, het op die toneel aan hulle beserings beswyk.

Dié voorval is destyds by die polisie aangemeld waarna ʼn intensiewe polisie-ondersoek van stapel gestuur is om die skuldige aan die pen te laat ry. Leonard is enkele weke daarna in hegtenis geneem vir sy betrokkenheid by die moorde. ʼn Nadoodse ondersoek het daarop gedui dat al vier weens skietwonde omgekom het.

Leonard is glo ʼn bendelid en die slagoffers het aan ʼn ander opposisiebende behoort, het Van Wyk verduidelik.

Leonard is vroeër vandag ʼn verdere vyf jaar tronkstraf opgelê vir vyf aanklagte van die besit van ʼn onwettige vuurwapen asook nog vyf jaar vir ses aanklagte van die besit van onwettige ammunisie.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het dié vonnis verwelkom.

Volgens Van Wyk dui Leonard se vonnis daarop dat die ondersoek na ernstige misdade, soos moord, prioriteit in die provinsie geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eureka ·

Die vonisse word beter vir die kriminele en hulle word uit die samelewing verwyder, alhoewel dit nie die slagoffers kan help nie kan dit keer dat daar nuwe slagoffers is.

humor ·

Sulke gevalle skrei ten hemele en dit kan nie anders as dat die doodstraf opgele word nie

DV ·

Hals midade moet terreg gestel word so voorkom ons dat hulle nog sulke misdade pleeg!

Chris Ws ·

Ja en hy gaan daai vier lewenslange vonnisse natuurlik gesamenlik uit dien so hy sal oor minder as 20 jaar weer op straat wees agv “goeie gedrag”.Hy moes hulle een na die ander uitgedien het.Maar so vrot is ons regstelsel nou eenmaal.Kyk na Amerika: daar stuur hulle maklik ‘n moordenaar meer as 100 jaar tronk toe.Met ander woorde hy sal NOOIT weer op straat verskyn nie.Dis hoe dit hoord hier ook.Eers DAN sal tronkstraf as ‘n straf beskou word en met erens opgeneem word en dit dan sal dien as afskrik middel vir kriminele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.