‘Bendelid’ deur Limpopo-inwoners doodgebrand

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Man van Limpopo, vermoedelik ’n lid van ʼn bende wat inwoners van Madombidzha naby Louis Trichardt gereeld beroof en geterroriseer het, is Maandag deur gemeenskapslede aan die brand gesteek.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 25-jarige inwoner is ʼn ruk gelede deur ʼn groep verdagtes aangeval en verskeie kere met ʼn mes gesteek. Hy is na ʼn hospitaal geneem en verlede week ontslaan, maar is Sondagoggend by sy huis oorlede.

“Die inwoners het nie die saak by die polisie aangemeld nie, maar saamgespan om die man se beweerde moordenaars vas te trek,” het Ngoepe gesê. “Inwoners het die strate afgesper en Maandag omstreeks 11:30 glo een verdagte vasgetrek en hom met verskeie voorwerpe aangerand. Hy is ook aan die brand gesteek en het doodgebrand.”

Volgens Ngoepe is lede van die polisie se eenheid vir openbare orde na die gebied ontplooi om die situasie te monitor en paaie in die gebied weer oop te stel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die oorledene is nog nie formeel geïdentifiseer nie, maar hy was glo 26 jaar oud,” het hy gesê. Die vermeende bendelid is die derde misdaadverdagte wat deur inwoners in die Vhembe-distrik doodgemaak is sedert Januarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Takkie Takuuza ·

Waars die valke? Moes daar nie nou al twintig verdagtes in die selle gewees het nie? O wag, vergeet ek nou weer, daars nie huidige agter-geblewende mense betrokke nie.

Sandy ·

Mense verstaan nie hoe dit in hierdie bende geteisterde gebiede gaan nie, ek dink daardie mense wat in daardie gebiede bly het net mooi keelvol geraak, ek dink die polisie moet ‘n spesiale taakmag stig om hierdie bende lede en dwelm handelaars vas te trek (ek dink in elk geval dat die bendes en dwelm handelaars kop in een mus is. Sterkte aan die polisie en ek hoop regtig jul kan ‘n spesiale taakmag stig.

Bloues ·

En die mense gaan mekaar beskerm sodat geen een skuldig bevind kan word nie. Nou wonder ek of ons boere ook so kan saamstaan?

Gert ·

Ek stem heelhartig met hul optrede saam. Ek glo hulle is moeg om so te sukkel om deur ander se bende geweld en wetteloosheid geteister te word.
Ons sal dit nie nooit regkry om sake so self op te los nie want elkeen wil dit afneem en op sosiale media met almal deel.

bertie ·

asHFverwoerd die situasie anders betree het sou dinge vandag so anders gewees het nou sit ons met die gevolge rasse haat .voor ons nie leer om mekaar lief te he nie sal die stryd nooit gaan le nie onskuldige geslagte moet boet vir .verkeurde optredes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.